Reservoir House
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 4de Straat 2, Voëlklip, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
- Vanaf R6 292 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
Reservoir House is 'n luukse selfsorghuis in die rustige area van Voëlklip. Hierdie elegante huis is ideaal vir 'n gesin en het oop areas. Die huis is naby restaurante en stapafstand vanaf Langbaaistrand en bergpaadjies.
Dié huis het slaapplek vir 8 gaste en beskik oor 4 slaapkamers. Die hoof en suite-slaapkamer is op die eerste verdieping en slaapkamers 2, 3 en 4 is op die onderste verdieping. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed, 'n privaat sitarea, kasruimte en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, wasbak en 'n toilet. Die tweede slaapkamer het 'n koninggrootte-bed wat in 2 enkelbeddens omskep kan word en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die derde slaapkamer het 'n koningingrootte-bed, terwyl die vierde slaapkamer 'n dubbelbed het. Hierdie slaapkamers het aangrensende badkamers met onderskeidelik 'n bad en 'n stort. Daar is ook 'n gastetoilet op die eerste verdieping. Al drie kamers lei na 'n volledig omheinde tuin.
Die moderne oopplan-kombuis is met 'n yskas-vrieskas, elektriesestoofplaat, oond, lugbraaier, ysmasjien, eetgerei, breekware, Nespresso-masjien, yskassie en 'n skottelgoedwasser toegerus. 'n Wasmasjien en tuimeldroër is ook beskikbaar. Die ruim sit- en eetarea beskik oor 'n kaggel en groot etenstafel met plek vir 12 gaste. 'n Slim-TV met Netflix is beskikbaar en gaste moet met hul eie besonderhede aanmeld.
Die groot skuifvensters en -deure bied 'n uitsig op die pragtige berglandskap. Daar is ook 'n klein kombuisie met 'n yskassie in die boonste leefarea. Gratis WiFi is beskikbaar en veilige parkeerplek is vir 'n voertuig beskikbaar. Daar is addisionele straatparkeerplek en die verblyf het 'n alarmstelsel.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Badkamer
Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Fietsry
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
- Toiletware
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Tv
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.8/5
Corné Geverifieer
Eiendomme 49
Resensies 24
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- 4de Straat 2, Voëlklip, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 4de Straat 2, Voëlklip, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang