River Valley Nature Reserve
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Portal-laan, River Valley Natuurreservaat, Margate, 4275, KwaZulu-Natal
- Vanaf R1 300 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
River Valley Nature Reserve is een van die laaste natuurlike habitatte wat deur ’n familie bestuur word aan KwaZulu-Natal se Suidkus. Hierdie reservaat is binne ’n hoefyster teen die iVungu-rivier. Dit meander by ’n vallei af na die Indiese Oseaan by die bekende Uvongo-strand, waar die iVungu Valle is.
Gerieflike verblyf word in 2 selfsorgkothuise gebied. Elke kothuis beskik oor 2 groot slaapkamers met en suite-badkamers. Elke badkamer het ’n stort en bad. Daar is 1 slaapkamer met ’n dubbelbed en die ander slaapkamer het 2 enkelbeddens.
Elke kothuis het ’n oopplan-sitarea, -eetarea en -kombuis. Die sitarea en slaapkamers lei na ’n groot veranda wat ’n uitsig oor die woud bied. Daar is waaiers in die slaapkamers en sitarea. Die kombuis is toegerus vir selfsorg met ’n yskas-vrieskas, oond, stoof, mikrogolfoond, ketel, broodrooster, potte, panne en al die nodige eetgerei en breekware. Die sitarea het ’n TV met ’n DVD-speler en sekere DStv-kanale. Gaste is welkom om hul eie DStv-dekodeerder en -slimkaart saam te bring om toegang tot meer kanale te kry.
Linne en badhanddoeke word voorsien, sowel as seep en toiletpapier. Gaste moet hul eie strandhanddoeke, houtskool en vuurmaakhout saambring. Braageriewe is beskikbaar, sowel as ’n trampolien vir kinders.
Daar is staproetes deur die reservaat en ’n piekniek-area. Die reservaat grens aan die Margate-gholfbaan en is naby die hoofstrande aan die Suidkus en aan winkelsentrums, maar bied steeds rus en vrede weg van die gejaag van die dorp.
Daar is meer as 145 voëlspesies in die area, insluitend bosloeries, watertrappers, kroonarende, knysnaloeries en gryskopspeggies. Bokke soos njalas, rooibokke, bosbokke, blouduikers en grysduikers kan gesien word en gelukkige gaste sal selfs groototters in die reservaat sien.
Ligging
- Portal-laan, River Valley Natuurreservaat, Margate, 4275, KwaZulu-Natal
Sien meer verblyf in Hibiskuskus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Portal-laan, River Valley Natuurreservaat, Margate, 4275, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang