Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Goodnight Akkommodasie

Gastehuis
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 11:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Erfdeel 6 Kragga Kamma-weg, Theescombe, Gqeberha (Port Elizabeth), 6033, Oos-Kaap
  • Vanaf R1 100 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Goodnight Akkommodasie bied gerieflike verblyf en 'n pragtige tuin in 'n veilige omgewing, na aan Gqeberha (Port Elizabeth) se strandfront, restaurante en winkelsentrums.

Ons het 4 smaakvol versierde kamers: 3 gastekamers en 1 luukse kamer/wittebrood-suite. Elke kamer is toegerus met 'n alarm, koning- of koningingrootte-bed, stort, badhanddoeke, duvets, puik perkallinne, badkamergeriewe, haardroër, yskassie, waaier, verwarmer, kluisie, strykyster, strykplank en koffie- en teemaakgeriewe.

Gaste het ook toegang tot veilige parkeerplek, WiFi en DStv word voorsien en e-pos/faks/kopieërgeriewe is beskikbaar op versoek. 'n Ontbytbewys vir 2 persone by 'n lieflike restaurant by die luukse wittebroodkamer se tarief is ingesluit. Daar is verskeie restaurante na aan die gastehuis geleë en 'n pendeldiens is beskikbaar op versoek. Goodnight Akkommodasie maak ook voorsiening vir konferensies, funksies en troues.

Ons is net na die N2 af in Kragga Kamma Straat met al sy bome, struike en oop velde wat na Gqeberha (Port Elizabeth) se buitewyke en twee pragtige strande, Seaview en Maitlands, lei. Baywest Mall is net 10 minute se ry van ons af - klop hier aan vir 'n groot verskeidenheid vermaak, van 'n reuse ysskaatsbaan en 'n IMAX-teater tot fantastiese restaurante.

Gqeberha (Port Elizabeth) staan bekend as die "Vriendelike Stad" en is ook een van Suid-Afrika se grootste stede. Besoekers kan gerus 'n draai gaan maak by die Addo Olifantpark, die derde grootste wildpark in Suid-Afrika, wat 'n tuiste vir meer as 500 olifante bied.

Ander besienswaardighede: St George's Park, Cape Recife Natuurreservaat, The Island Natuurreservaat, Van Stadens Veldblomreservaat, Groendal Wildernisgebied, Kragga Kamma Wildreservaat en Seaview Leeupark.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 10 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.1
Waarde vir geld
4.5
Diens
4.5
Veiligheid
4.9

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Gerhard Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 10

Op LekkeSlaap 9 jaar

Ligging

  • Erfdeel 6 Kragga Kamma-weg, Theescombe, Gqeberha (Port Elizabeth), 6033, Oos-Kaap
  • Gaste dink Goodnight Akkommodasie het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 100
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R 1 100
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 11:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Erfdeel 6 Kragga Kamma-weg, Theescombe, Gqeberha (Port Elizabeth), 6033, Oos-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDU5MTc2MmY1LWNmYTQtNGJhYS04NDliLTAwMjQxNzliMjgwOA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 100 per nag (plek vir 2) 10 5 1 5 Plot 6 Kragga Kamma Road Theescombe 6033 Oos-Kaap 021 201 8901 11:00-17:00 09:00 -33.970927 25.483197

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang