Saints View Resort Unit 4
Kry 15% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 1 Nov 2024 tot 28 Nov 2024.
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: H/v Colinstraat en Staffordweg, Uvongo, 4270, KwaZulu-Natal
-
Vanaf
R1 250R1 063 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Saints View Resort Unit 4 is 'n selfsorgwoonstel op die grondverdieping in die hartjie van die Hibiskuskus in KwaZulu-Natal. Saints View is stapafstand vanaf Uvongo se gewilde hoofstrand en skilderagtige strandmeer. Meeste eenhede het pragtige see-uitsigte.
Die woonstel het slaapplek vir 6 volwassenes en 2 kinders en beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis, -eetarea en -leefarea. Elke slaapkamer het 'n dubbelbed of 2 enkelbeddens en daar is 'n dubbelslaapbank in die sitkamer. Elke badkamer het 'n stort en 'n bad.
Die kombuis is vir selfsorg toegerus. Die sitkamer bied lugversorging wat op 'n vooraf betaal-basis werk, en 'n TV met sekere DStv-kanale. Die sitkamer en hoofslaapkamer lei na 'n ruim balkon met ingeboude braaigeriewe.
Dié gesogte oord bied 'n 18 putjie-minigholfbaan, klimraam en sprankelende swembad. Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar.
Daar is verskeie ander doendinge in die omgewing, soos middagete by Mac Banana, verfbal, Deli & Bakery, Mac Fish, winkels, voëlkyk-dek, klimraam, speelareas vir kinders, Butterfly Dome en ponierritte. Op dieselfde pad na Port Edward sal jy die Wild Coast Sun Casino kry. Lake Eland is ook iets om te sien - die natuur is ongelooflik.
Pure Venom is op die Izotha-pad naby Shelly-strand. Die kinders sal daarvan hou om al die verskillende slange te sien en om van elkeen te leer. In Shelly Beach is daar die Must-Byt-bootritte met visvanguitstappies en diepsee-swem. Die ouers kan saans gerus 'n draai by Pistols Saloon anderkant Ramsgate maak vir aandete en dans.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
1 x Kinderbank vir 2
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Restaurant op Perseel
- Selfsorg
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Van Die Straat Af
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Eenheidgeriewe
- Lugversorging
- Eetkamer
- Klein kombuis
- Sitkamer
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Tv
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.4/5
Rané Geverifieer
Eiendomme 100+
Resensies 693
Op LekkeSlaap 10 jaar
Ligging
- H/v Colinstraat en Staffordweg, Uvongo, 4270, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Saints View Resort Unit 4 het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Uvongo Margate Suidkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: H/v Colinstraat en Staffordweg, Uvongo, 4270, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang