Saints View Resort Unit 4
Kliek op enige tarief om 'n meer volledige prysberekening te sien.
Ekstra Fooie
Buiten die tariewe in die bostaande tabel hef die eiendom ook 'n eenmalige R600 administrasiefooi per bespreking.
Geniet afslag met hierdie spesiale aanbiedinge!
Ontdek uitstaande waarde met ons reeks spesiale aanbiedinge wat by hierdie eiendom beskikbaar is. *
Kry 15% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 1 Nov 2024 tot 28 Nov 2024.
Prys sluit in
- Selfsorg.
Breekskadedeposito
'n Terugbetaalbare breekskadedeposito van R1000 moet direk aan die eiendom betaal word.
Huisreëls
Let asb. dat 'n administrasiefooi van is by die tarrief ingesluit.
Dié terugbetaalbare breekskadedeposito is 2 weke voor die inklokdatum betaalbaar en is nie ingesluit by die tarief nie. Die besprekingsooreenkoms wat ná die betaling van die deposito aan die kliënt gestuur word, moet voor aankoms ingevul en teruggestuur word. Geen sleutels sal oorhandig word sonder die nodige dokumentasie wat aan die eienaar terugbesorg is nie.
Die breekskadedeposito sal binne 14 dae terugbetaal word, mits geen skade aangerig is nie.
Sou die eiendom opsetlik, of per ongeluk beskadig word, stem jy in om vir enige vermelde skade te betaal indien dit die bedrag van die breekskadedeposito oorskry.
Sou jy by die perseel aankom en opmerk dat daar skade is, is die onus op jou om ons onmiddellik daarvan in kennis te stel.
Die breekskadedeposito sal in bewaring gehou word en aan die rekeninghouer wat deur jou genomineer word, uitbetaal word.
Onthou asb. om jou rekeningbesonderhede aan ons te e-pos.
Maak asb. seker dat die uitstaande balans 7 dae voor aankoms in die gasheer se bankrekening reflekteer.
Moet asb. nie die maksimum aantal gaste wat in die eenheid toegelaat word, oorskry nie. Indien gaste versuim om aan hierdie versoek te voldoen, sal uitsetting plaasvind sonder terugbetaling en sonder 'n kennisgewingsperiode.
Rook is verbode binne die eenhede, woonstelle of huise, en indien hierdie reël oortree word, sal hulle die volledige breekskadedeposito verbeur.
Indien 'n skoonmaakdiens benodig word, kan dit voor aankoms teen 'n ekstra koste gereël word.
Skoonmaakdienste is nie op Sondae en openbare vakansiedae beskikbaar nie.
Die instansie kan nie aanspreeklik gehou word vir enige verliese of ongerief vir huurders wat veroorsaak word deur 'n handeling buite die eienaar se beheer nie. In die geval van enige toestel wat buite werking is, kan die eienaar nie aanspreeklik gehou word vir die vervanging daarvan nie.
Moenie vergeet om die volgende saam te bring nie:
Swem- en badhanddoeke.
DStv-dekodeerder met afstandbeheer en kaart.
Skoonmaakmiddels en toiletpapier.
Kansellasiebeleid - Pasgemaak
In sekere gevalle wanneer 'n deposito betaal is en die kliënt wil kanselleer, sal daar 'n nie-terugbetaalbare kansellasiefooi van R500 op alle kansellasies gehef word. Hierdie R500 is bo en behalwe die persentasie wat reeds as die kansellasiefooi gemeld is.
Meer as 1 maand voor inklok, 50% deposito terugbetaalbaar.
Meer as 2 weke voor inklok, 25% deposito terugbetaalbaar.
Minder as 2 weke voor inklok, 0% deposito terugbetaalbaar.
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: H/v Colinstraat en Staffordweg, Uvongo, 4270, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang