Shark Cove
Kry 10% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 13 Des 2024 tot 19 Des 2024.
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Du Toit-straat 4, Kleinbaai, Van Dyksbaai, 7220, Wes-Kaap
-
Vanaf
R800R720 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Shark Cove is in die kusdorpie Van Dyksbaai, 200 m vanaf die see en 500 m vanaf Kleinbaai se hawe. Die huis en kothuis het nie 'n direkte see-uitsig nie.
Verblyf word in 2 selfsorg-eenhede, Shark Cove Little-kothuis en Shark Cove Huis gebied.
Shark Cove Huis is baie ruim, gerieflik en beskik oor 2 slaapkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die ander kamer het 2 driekwartbeddens. Die gedeelde badkamer het 'n bad, stort en 'n toilet. Die leefarea het 'n slaapbank wat vir 2 kinders geskik is. Die oopplan-kombuis is met eetgerei, breekware, glase, 'n yskas-vrieskas, mikrogolfoond, gasstoof en 'n etenstafel met stoele toegerus. Die aparte waskamer het 'n wasmasjien en 'n skottelgoedwasser. Die lekker ruim leef- en sitarea het 'n binnebraai, 'n TV met die DStv Compact Plus-pakket en 'n lessenaar. Daar is ook onbeperkte WiFi. Buite aan die agterkant is daar houtbankie, tafel en 'n braai. Die eenheid het 'n toesluit-motorafdak en aan die linkerkant van die huis is daar ekstra parkeerplek vir nog 'n voertuig. In totaal kan slegs 6 gaste (kinders ingesluit) geakkommodeer word.
Shark Cove Little-kothuis is baie klein en bied slaapplek aan 2 gaste en dit is 'n stylvolle kamer. Hierdie klein gastekamer het 'n dubbelbed en 'n badkamer met 'n stort. Die kamer het tee- en koffiemaakgeriewe, 'n mikrogolf, broodrooster, yskassie, eetgerei en breekware. Komplimentêre badhanddoeke word voorsien. LET WEL daar is Geen TV, braai- of kookgeriewe nie. Daar is wel WiFi en 'n klokradio
Albei eenhede kan ook as geheel bespreek word en dit het dan slaapplek vir 8 gaste in totaal wat kinders insluit.
Ongelukkig word geen diere toegelaat nie
Akitiwiteite in die omgewing sluit haaihokduik en walviskyk in. Die wêrelbekende Shark Valley wat spesialiseer in Grootwithaa-ekspedisies is naby. Dyereiland en Geyser Rock is ook baie gewild.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.7/5
Marianne Geverifieer
Eiendomme 3
Resensies 101
Op LekkeSlaap 5 jaar
Ligging
- Du Toit-straat 4, Kleinbaai, Van Dyksbaai, 7220, Wes-Kaap
- Gaste dink Shark Cove het ’n goeie ligging
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Du Toit-straat 4, Kleinbaai, Van Dyksbaai, 7220, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang