Silverstone Guesthouse
- Kapasiteit: 22 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Surrey-laan, Randburg, 2194, Gauteng
- Vanaf R1 200 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Silverstone Gastehuis is geleë in die lieflike voorstad Ferndale in Randburg. Dit is veilig, skoon en stylvol en geskik vir vakansiegangers of sakereisigers.
Verblyf word aangebied in 9 kamers, elk met sy eie en suite-badkamer, privaat ingang en veilige parkeerplek. Elke kamer is individueel versier en ons streef daarna om jou verblyf so gerieflik moontlik te maak. Ander geriewe in die kamer: tee- en koffiemaakgeriewe, 'n TV met flieks en reekse.
Gaste is meer as welkom om gebruik te maak van ons swembad en patio-area in die tuin. Braaigeriewe is beskikbaar op versoek. Vir ontbyt het gaste 'n keuse tussen 'n Engelse ontbyt, omelette, Franse roosterbrood, ontbytgraan, muesli, jogurt en vrugte. Komplimentêre vrugtesap, koffie, tee, roosterbrood en verskeie konfyte is beskikbaar met elke ontbyt.
Ons het 'n gimnasium waar gaste oefensessies met 'n persoonlike instrukteur teen ekstra koste kan bespreek. Vooraf bespreking is noodsaaklik aangesien die instrukteur slegs beperkte tydsgleuwe het.
Verskeie winkels en restaurante is stapafstand van die gastehuis.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.7/5
Pierre Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 29
Op LekkeSlaap 10 jaar
Ligging
- Surrey-laan, Randburg, 2194, Gauteng
- Gaste dink Silverstone Guesthouse het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 22 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Surrey-laan, Randburg, 2194, Gauteng