Snails' End Cottage
- Kapasiteit: 3 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: West Endstraat 17, Sandbaai, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
- Vanaf R1 800 per nag, vir 3 mense
Beskrywing
Snails' End Cottage is 'n selfsorgkothuis in 'n stil buurt in Hermanus en dit is baie naby die strand en kranspaadjie geleë.
Die kothuis bied slaapplek aan 2 gaste op 2 enkelbeddens in die hoofslaapkamer. Beddegoed en handdoeke (buiten swemhanddoeke) word voorsien en daar is 'n TV met DStv en verwarmers in die slaapkamer en sitarea. Die badkamer het 'n stort, wasbak en 'n toilet en komplimentêre toiletware word voorsiem.
Die kombuis is met 'n stoof, yskas, mikrogolfoond, gasvryheidskinkbord en ander nodige toebehore toegerus. Daar is 'n stoep en braaiplek. Afdrooglappe en 'n skottelgoedwasser word ook voorsien.
Die kothuis het sy eie ingang en daar is genoeg parkeerplek beskikbaar.
Die kothuis is naby 4 gholfbane, lieflike staproetes, die pragtige Fernkloof Natuurreservaat en 'n rits wynlandgoedere in die Hemel-en-Aarde-vallei. Van Augustus tot Desember kan gaste vanaf die kranspaadjie walviskyk en haaihokduik-geleenthede is ook naby.
Snails' End is perfek vir toeriste, vakansiegangers en sakereisigers. 'n Volledige of 'n kontinentale ontbyt word in die kothuis bedien.
Kamer-opset
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.7/5
Penny Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 31
Op LekkeSlaap 11 jaar
Ligging
- West Endstraat 17, Sandbaai, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
- Gaste dink Snails' End Cottage het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 3 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: West Endstraat 17, Sandbaai, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang