The Water House
- Soos Gesien op Facebook
- Kapasiteit: 10 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Lagoon Rock 3, Langs die R43, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
- Vanaf R6 960 per nag (plek vir 10)
Beskrywing
The Water House is 'n unieke strandmeer-vakansiebestemming vir gesinne met 'n liefde vir watersport en ontspanning. Die instansie is 6 km oos van Hermanus op 'n stil en privaat landgoed naby die Hermanus Seiljagklub. Dit is tussen die berge en mere geleë en bied 'n ontspanne wegbreek met al die geriewe van 'n tradisionele vakansiehuis. Die verblyf is op 'n veilige landgoed met slegs 7 eiendomme, so gaste kan al die privaatheid hê wat hulle verlang.
Dié dubbelverdieping-selfsorghuis is geskik vir 10 gaste. Daar is 2 leefareas.
Die huis beskik oor 5 slaapkamers, 3 badkamers, 2 toilette en 'n stortkamer. Die boonste leefarea is die middelpunt van die huis en dit lei na die hoofslaapkamer wat meer afgesonder en privaat is. Daar is sitplek vir 6 gaste, 'n lessenaar en 2 balkonne met asemrowende uitsigte. Drie van die slaapkamers het en suite-badkamers met storte, baddens, toilette en wasbakke. Die ander 2 kamers het wasbakke en deel die badkamer wat 'n stort en toilet het. Onder is daar 2 kamers wat elk 2 enkelbeddens het en 'n uitsig op die berg bied, elk met 'n en suite-badkamer. Daar is 'n gastetoilet langs die sitkamer. Bo is 'n kamer met 'n koningingrootte-bed en 'n berguitsig en 'n kamer met 'n koningingrootte-bed en 'n uitsig oor die strandmeer. Hierdie kamers deel 'n stortkamer en 'n toilet. Die hoofslaapkamer het 'n uitsig oor die strandmeer, bied 'n koninggrootte-bed en het 'n en suite-badkamer met 'n berguitsig.
Die voorportaal is op die onderste verdieping. Dit het 'n etenstafel met sitplek vir 10 gaste. Hierdie vertrek skakel die deel van die huis wat na die berg front en die deel wat na die strandmeer front met mekaar, asook die 2 onderste slaapkamers, die kombuis en die eetarea. Die leefarea het 2 rusbanke met sitplek vir 6 en daar is 'n satelliet-TV en 'n klankstelsel. Die kombuis het 'n bankie met sitplek vir 5 gaste, 'n groot werksarea, 'n yskas en vrieskas, en 'n aparte opwasarea met 'n wasmasjien, skottelgoedwasser en 'n wasbak. Die stoep het 'n eetkamertafel vir 8 gaste, 'n dienluik wat na die kombuis lei, 'n pizza-oond, draagbare gasbraai, 'n houtbraai en dit bied direkte toegang tot die swembad en strandmeer.
Die ingangsportaal lei direk na die voorkant van die huis met besonderse uitsigte oor die strandmeer en die swembad wat omring word deur versorgde tuine. Die inheemse fynbostuin lei na die strandmeer-area waar daar ook 'n ronde gemeenskaplike swembad is.
Of gaste van bootvaar, waterski, tjoepvaar of sweefski hou, die strandmeer bied 'n spesiale watersportvakansie.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.8/5
Stuart Geverifieer
Eiendomme 4
Resensies 15
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- Lagoon Rock 3, Langs die R43, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
- Gaste dink The Water House het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 10 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Lagoon Rock 3, Langs die R43, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang