Tugela River Lodge
- Soos Gesien op Facebook
- Kapasiteit: 27 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R600, Ladysmith, Winterton, 3340, KwaZulu-Natal
- Vanaf R1 500 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Tugela River Lodge is 'n selfsorg-eko-lodge wat op 'n privaat bees- en wildplaas op die oewer van die Tugelarivier naby Winterton geleë is. Die eiendom maak van sonkrag en gas gebruik en is onafhanklik van die tradisionele kragnetwerk. Die prentjiemooi en troeteldiervriendelike verblyf wat in die skadu van die bekende slagveld van Spioenkop uit die Anglo-Boereoorlog geleë is, is die perfekte plek vir enkellopendes, paartjies, 'n gesinsnaweek of die samekoms van 'n groot groep.
Die lodge bied verblyf in 5 losstaande eenhede wat elkeen slaapplek vir 4, 5 of 10 gaste het. Elke eenheid het 'n koninggrootte-bed en enkelbeddens. Daar is 'n stort, wasbak en 'n toilet in elke badkamer. Gehaltelinne word voorsien.
Elke eenheid het 'n kombuis wat met 'n yskas-vrieskas, oond, gasstoof, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus is. Die leefarea in elke eenheid het gemaklike sitplek en lei na 'n stoep of 'n balkon met buitesitplek en pragtige uitsigte.
Gaste kan gratis WiFi in die River House of Happy Hen Farmstall geniet en daar is veilige parkeerplek, bergfietsroetes, voetslaanroetes, voëlkyk, wildkyk, swem en visvang op die perseel. Elke eenheid het 'n buitebraai-area.
Kenmerke
Geriewe
- Begeleide Wildritte as Ekstra
- Braaiplek
- Troeteldiere indien gereël
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Zoeloe
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.4/5
Julian Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 3
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- R600, Ladysmith, Winterton, 3340, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Tugela River Lodge het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Drakensberge KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 27 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R600, Ladysmith, Winterton, 3340, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang