Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Vriesenhof Beach Accommodation

Selfsorg
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hoofweg 52, Jongensfontein, 6675, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 800 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Vriesenhof Beach Accommodation beskik oor 2 ruim woonstelle met 'n majestueuse see-uitsig wat in Jongensfontein geleë is. Die smaakvol gemeubileerde eenhede bied 'n huislike atmosfeer met 'n tikkie luuksheid wat dit 'n perfekte plek maak vir 'n kuswegbreek.

Die Vriesenhof Beach Unit beslaan die onderste verdieping en beskik oor 2 slaapkamers, elk met 'n koningingrootte-bed en 'n gedeelde badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die hoofslaapkamer se skuifdeure lei na die stoep.

Die Vriesenhof Beach Villa beslaan die boonste verdieping van die vebrlyf en beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers, 'n kombuis en 'n leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die tweede badkamer het 'n stort, toilet en 'n wasbak.

Albei eenhede het volledig toegeruste kombuise en sitareas met skuifdeure wat na 'n stoep of 'n balkon wonderlike see-uitsigte lei. Daar is braaigeriewe in elke eenheid en gaste het toegang tot 'n gedeelde wasmasjien. Sonpanele hou ligte tydens kragonderbrekings aan en gratis Wi-Fi is ook beskikbaar. Elke eenheid het 'n aparte ingang na die perseel.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Fietsry
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.8/5

Lomé Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 59

Op LekkeSlaap 5 jaar

Ligging

  • Hoofweg 52, Jongensfontein, 6675, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 800
per nag (plek vir 4)
Vanaf
Vanaf R1 800
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hoofweg 52, Jongensfontein, 6675, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA9d9ae2341fdd31e145109a247e1036770916306858c83d6dc76ee4763f7a2a90d046bb4671c4ddd94d94ea6471e4eaaa0408?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 800 per nag (plek vir 4) 52 Main Road Jongensfontein 6675 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -34.432209633575 21.333907172911

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang