Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Waterblom in Pringle

  • Soos Gesien op Facebook
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Promontory-weg 24, Pringlebaai, 7196, Wes-Kaap
  • Vanaf R850 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Waterblom in Pringle is 'n nuut-opgeknapte seefronthuis in die bekoorlike kusdorpie Pringlebaai. Daar is 2 onafhanklike selfsorg-eenhede, Suikerbos en Kleinblom.

Die verblyf is aan die einde van 'n doodloopstraat op Pringlebaai se skiereiland geleë. Waterblom in Pringle is ideaal vir gaste wat die skilderagtige kusdorpie besoek en dit word omring deur die asemrowende Kogelberg Biosfeerreservaat.

Suikerbos is die luukse eenheid op die eerste verdieping en bied gerieflike slaapplek aan 2 gaste. Dit spog met skouspelagtige see- en berguitsigte, wat 'n rustige en onvergeetlike atmosfeer skep. Die ateljee het 2 enkelbeddens wat saam of apart opgemaak kan word. Die en suite-badkamer het 'n stort, wasbak en toilet.

Die splinternuwe kombuis is met 'n vierplaat-gasstoof, elektriese oond, mikrogolf, broodrooster, ketel, Nespresso-masjien, yskas-vrieskas, en alle nodige eetgerei en breekware toegerus. Boonop is daar 'n skottelgoedwasser.

Neem asseblief kennis dat troeteldiere ongelukkig nie by Suikerbos geakkommodeer kan word nie.

Kleinblom is die grondverdieping-eenheid en bied ook slaapplek aan 2 gaste. Dit het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Dit beskik oor 'n splinternuwe kombuis met 'n vierplaatgasstoof, mikrogolf, broodrooster, ketel, Nespresso-masjien en yskas-vrieskas. Basiese breekware en eetgerei word voorsien. Neem asseblief kennis dat troeteldiere welkom is by Kleinblom, maar die perseel is nie omhein nie.

Die bekoorlike dorpie Pringlebaai skuil aan die voet van Hangklipberg, wat die suidoostelike punt van Valsbaai aandui. Met die dramatiese rotsagtige kuslyn net 'n kort 70 m se stap van die drumpel af, is gaste verseker van asemrowende sonsondergang-uitsigte.

Pringlebaai bied 'n verskeidenheid aktiwiteite, insluitend snorkel, duik, voetslaan, fietsry, branderplankry en visvang. Boonop is die dorpie die tuiste van verskeie restaurante en kuriowinkels.

Waterblom in Pringle is ideaal geleë om die Boland- en Overbergstreke te verken. 10 minute se ry sal gaste na die pikkewynkolonie of bekende Harold Porter Botaniese Tuine neem. Dit is ook net 20 minute na Arabella-gholfbaan, 45 minute na die wynlandgoedere of na die "Walvishoofstad" van Hermanus, 50 minute na Kaapstad Internasionale Lughawe, en net meer as 'n uur na die middestad van Kaapstad.

Pringlebaai is een van die dorpe in die natuurskoon van die Kogelberg-biosfeer, die enigste reservaat in Suid-Afrika wat deur UNESCO geproklameer is, wat meer as 1600 spesies fynbos ondersteun, waarvan 150 endemies is.

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 36 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.4
Diens
4.6
Veiligheid
4.6
Gaste se hoogtepunte
Shaun S
Saam met lewensmaat
5.0
Excellent worth every penny. Beautiful views and not far from the beach. I will definitely recommend it; well worth the money. Exactly ...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Sep 2024
Marion B
Besigheidsreis
5.0
Netjies, gerieflik, gesellig. Vriendelike ontvangs gehad. Ons het heerlik gebly. Alles was netjies en skoon. Pragtige uitsig. Baie dankie vir alles!
Jun 2024
Jean D
Saam met lewensmaat
5.0
Pragtige area, vriendelike diens, goed toegeruste en skoon eenheid. Die eenheid was netjies en het alles gehad wat ons nodig gehad het. Sal maklik ter...
Sien meer
Mrt 2024
Desmond K
Gesin met tieners
5.0
Bie lekker en netjiese verblyf met mooi see uitigte. Baie netjies, gerieflik en skoon. Kwaliteit meubels en toerusting. Baie mooi see uitsigte.
Des 2023
Linda P
5.0
Sou met graagte langer bly. Beeldskoon, netjies en gerieflik.
Nov 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Lara Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 36

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • Promontory-weg 24, Pringlebaai, 7196, Wes-Kaap
  • Gaste dink Waterblom in Pringle het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 850
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R 850
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Promontory-weg 24, Pringlebaai, 7196, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA9a4a8b225cd8cf4d1a7c91b229b10813581de293ca108f7ec33415decf67d423a385b5640870ab194ed631dc617396559c19?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R850 per nag (plek vir 2) 36 5 1 5 24 Promontory Road Pringle Bay 7196 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-22:00 10:00 -34.350252137893 18.813563798148

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang