West Beach Life
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 2 persone
- Geen kinders onder 8
-
Inkloktyd: 09:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Willow-weg 75, West Beach, Kaapstad, 7441, Wes-Kaap
- Vanaf R995 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
West Beach Life is ‘n dubbelverdiepingwoonstel wat selfsorgverblyf aan die Westelike kuslyn, suid van Bloubergstrand in West Beach bied. Dit is net 2,7 km vanaf Blouberg se strandfront geleë.
Die woonstel bied slaapplek aan 2 volwassenes en daar is plek vir 1 kind op versoek. Dit beskik oor 1 slaapkamer op die boonste verdieping met 'n dubbelbed, spieëltafel en 'n badkamer met 'n toilet, stort en 'n wasbak.
Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, 'n tweeplaatgasstoof, 'n mikrogolfoond, 'n broodrooster, en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Die knus sitarea het L-vormige rusbanke, 'n ronde tafel met stoele, 'n TV met die volle DStv-pakket, Netflix, Showmax en WiFi. Sonkrag word gebruik.
Parkeerplek is beskikbaar en dit is stapafstand vanaf 'n winkelsentrum en 'n MyCity-bushalte. Die woonstel is ook naby talle restaurante en besienswaardighede in die omgewing. Die eenheid is ideaal vir vlieërplankryers.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Badkamer
Stort, Toilet
Ligging
- Willow-weg 75, West Beach, Kaapstad, 7441, Wes-Kaap
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 2 persone
- Geen kinders onder 8
-
Inkloktyd: 09:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Willow-weg 75, West Beach, Kaapstad, 7441, Wes-Kaap