Whale Watcher
- Kapasiteit: 11 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Cobb-weg 37, Glengariff, 5259, Oos-Kaap
- Vanaf R1 500 per nag (plek vir 5)
Beskrywing
Whale Watcher bied lieflike, ruim selfsorgvakansieverblyf in die hartjie van Glengariff en is ideaal vir 'n wegbreek aan die Wildekus. Die verblyf spog met pragtige see-uitsigte en sonsondergange. Gaste kan óf Whale Watcher 1 óf Whale Watcher 2 bespreek.
Whale Watcher 1 bied slaapplek aan 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort. Die ander 2 slaapkamers het elkeen 'n koningingrootte-bed en gaste deel die tweede badkamer met 'n bad en 'n stort. Verder is daar 'n binnenshuise Jacuzzi.
Whale Watcher 2 is op die grondverdieping en bied slaapplek aan 5 gaste. Dit beskik oor 'n slaapkamer met 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Die leefarea het 3 enkelbeddens.
Albei eenhede het hul eie leefarea met 'n kombuis wat met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus is. Whale Watcher 2 het wel meer spasie en sluit 'n Jacuzzi, 'n onderdakstoep met 'n braai en 'n privaat buiteswembad in.
Dít is wat jy hier sal kry
Ligging
- Cobb-weg 37, Glengariff, 5259, Oos-Kaap
Sien meer verblyf in Glengariff Wildekus Oos-Kaap
- Kapasiteit: 11 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Cobb-weg 37, Glengariff, 5259, Oos-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang