Whistling Bridge Cottage & Rooms
- Kapasiteit: 16 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kalkwalplaas, N1 Nasionaleweg, Kromrivier, Drie Susters, Beaufort-West, 6970, Wes-Kaap
- Vanaf R900 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Whistling Bridge Cottage & Rooms is in 'n rustige oase op 'n werkende plaas in Beaufort-Wes en poog om gaste 'n geleentheid te bied om weer met die natuur in te skakel. Dit spog met 'n asemrowende uitsig oor die pragtige Karoo-landskappe en sonsondergange.
Dié kothuis bied slaapplek aan 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers, 'n kombuis en 'n leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort. Die tweede slaapkamer het 3 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort. Die derde slaapkamer het 1 enkelbed. Die oopplan-kombuis is met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, oond, mikrogolfoond, basiese eetgerei en breekware, asook koffie- en teemaakgeriewe toegerus. Daar is ook 'n etenstafel met stoele. Die leefarea het 'n sitkamerstel, 'n vrystaande kaggel en 'n platskerm-TV. Gratis WiFi is ook beskikbaar. Die leefarea lei na 'n stoep met buitemeubels. Die stoep is langs die swembad en gaste kan in die omheinde tuin wat braaigeriewe het, ontspan. Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar.
Die Plaashuis het 3 kamers wat 2 gesinskamers insluit, elk met 'n dubbelbed en stapelbed. Gaste in 2 van die kamers deel 'n badkamer met' n bad en stort. Die derde slaapkamer het 'n hemelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die nuwe kombuis is met tee- en koffiemaakgeriewe toegerus en daar is ook 'n etenstafel met stoele. Gratis WiFi is beskikbaar. Die kombuis lei na die stoep met buitemeubels. Daar is 'n eko-swembad en skaduparkeerplek op die perseel.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.6/5
Kim Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 50
Op LekkeSlaap 2 jaar
Ligging
- Kalkwalplaas, N1 Nasionaleweg, Kromrivier, Drie Susters, Beaufort-West, 6970, Wes-Kaap
- Gaste dink Whistling Bridge Cottage & Rooms het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 16 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kalkwalplaas, N1 Nasionaleweg, Kromrivier, Drie Susters, Beaufort-West, 6970, Wes-Kaap