White Elephant Bush Camp & Umkhaya Cottage
- Kapasiteit: 14 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Leeuwspoor Plaas, Pongola Game Reserve Suid, Pongola, 3170, KwaZulu-Natal
- Vanaf R1 620 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
White Elephant Bush Camp & Umkhaya Cottage is in die Pongola Wildreservaat in die noordelike deel van Zululand naby die Swaziland-grens, geleë.
Die Bush Camp bied slaapplek vir 23 gaste ('n maksimum van 19 volwassenes) in 7 grasdak-chalets, elkeen met 'n privaat stoep en 'n en suite-badkamer. Die gemeenskaplike area beskik oor 'n oopplan-kombuis, 'n eetkamer, 'n kroeg, swembad en uitsonderlike uitsigte van die dek af. Let asb. op dat die boskamptarief net verblyf insluit en as 'n eenheid bespreek word teen 'n minimum-daaglikse tarief vir 8. Ekstra kostes word gehef vir meer as 8 gaste. Kinders word toegelaat.
UmKhaya is 'n privaat grasdakkothuis met slaapplek vir 6 gaste (maksimum 4 volwassenes). Dit beskik oor 2 slaapkamers wat elk 2 enkelbeddens het en die tweede kamer het nog 'n dubbelstapelbed. Daar is ook 2 badkamers, waarvan een 'n bad en 'n stort het, 'n oopplan-kombuis en -sitarea, 'n groot stoep en 'n braai-area. Dis stapafstand vanaf White Elephant Bush Camp sou jy 'n groot groep gaste saambring en albei kampe benodig.
White Elephant bied aan gaste die ideale bestemming vir doendinge op die land en die water. Neem deel aan wildritte, begeleide staptogte, bootvaarte, visvang en en swartrenosternavorsingsaktiwiteite. Eie bote is welkom. Geniet die ongerepte wildernis-omgewing op die Jozini-meer se oewer wat baie soos die Kariba-meer in Zimbabwe lyk.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.7/5
Stephanie Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 6
Op LekkeSlaap 9 jaar
Ligging
- Leeuwspoor Plaas, Pongola Game Reserve Suid, Pongola, 3170, KwaZulu-Natal
- Gaste dink White Elephant Bush Camp & Umkhaya Cottage het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Pongolapoortdam Pongola Zoeloeland KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 14 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Leeuwspoor Plaas, Pongola Game Reserve Suid, Pongola, 3170, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang