Geverifieerde Resensie
Aberdeen
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Aberdeen bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 3.9 uit 5 gekry volgens 135 resensies.
"Baie klein plattelandse dorpie. Nie veel toeriste-aantreklikheid nie, maar gerieflik vir oorslaap op pad iewers heen."
"Oulike klein dorpie, kerk is in die middel van die ongeteerde dorp, wat slegs twee eetplekke aanbied en 'n klein maar besige kroeg. In die aande is dit doodstil en kan jy die melkweg behoorlik aanstaar. 'n Moet oorstop-dorp."
"Pragtige ou dorpie. Sommige huisies bietjie bouvallig, en ander weer so mooi gerestoureer. Die dorp voel redelik veilig en is skoon. Ons het sommer gestap tot by die Blou Deur restaurant."
"Ons het slegs oorgeslaap en nie baie tyd op Aberdeen spandeer nie, maar het wel baie vriendelike diens en 'n lekker aandete by The Blue Door restaurant gekry. Ons kan hulle beslis aanbeveel."
"Baie kort daar gewees, maar soos ek verstaan het Aberdeen 'n interessante geskiedenis. "