Geverifieerde Resensie
Amanzimtoti
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Amanzimtoti bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 980 resensies.
"Amanzimtoti is die ideale vakansieplek. Dit is veilig, die mense is vriendelik en mens kan jouself geniet op skoon strande. Dankie aan almal in Amanzimtoti wat ons vakansiegangers met vriendelike en ope arms ontvang!"
"Begin bietjie verarm. Is nie meer dieselfde as wat dit was 25 jaar terug nie. Umdloti is 'n beter plek om te gaan, maar ek sal teruggaan Toti toe omdat ek nie Noordkus kan bekostig nie."
"Parkeer-area langs Montrose is geweldig vuil en as die wind waai, waai alles strand toe. Asblikke loop orals oor, word nie leeggemaak."
"It is the second time we booked in Toti and we are still very happy with the location, it is very safe and the beaches are not crowded."
"Lekker strand met baie getroue en aktiewe lewensredders wat reeds van vroeg af op strand is. Naby genoegsame doendinge en plekke. Openbare gebiede kan soms bederf word met onopgevoede lastige mense."
"Very clean place. For myself and wife we will rather stay there before travelling all the way up south coast."
"I could not thank you more for your amazing hospitality. I can't remember everyone's names but Beauty was so helpful. Thank You."
"Ek hou baie van die ligging - dit is stil en rustig, maar het die nodige winkels en plekkies om te besoek. "
"Dis nie baie maklik om by die winkels uit te kom nie. Ons het vreeslik gesoek vir 'n Spar. "
"Warner Beach het 'n heerlike getypoel om in te swem. Warner Beach is nie 'n offisiële swemstrand nie, meer vir branderplankryers. Winkelspruit is 'n offisiële swemstrand met reddingspanne aan diens."
"Ek kuier gewoonlik in die Kaap. Dit was nou my eerste keer by Amanzimtoti. Die seewater is lekker warm en mens kan lekker baljaar in die see. Daar is lewensredders en haainette in die see. Ek het ook gesien dit word daagliks inspekteer. Amanzimtoti was nie vir my so besig soos Umdloti nie. In die aand het ek ervaar is daar nie vrek baie vermaak nie. Ek sal definitief as ek weer Durban besoek by Amanzimtoti gaan bly."
"It was very encouraging to see the life guards constantly in training and patrolling the area. There were visible efforts made to keep the beach clean and litter free, to ensure everyone was safe and vagrant free. Well done Toti!"