Geverifieerde Resensie
Amanzimtoti
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Amanzimtoti bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 980 resensies.
"Doonside self het nie baie om te doen nie, maar alle fasiliteite is naby genoeg. Doonside se strand is wel baie skoon en netjies. Veilig gevoel met my gesin op die strand."
"Behalwe vir 'n baie gevaarlike T-aansluiting van die woonstelblok af op pad na mall, is dit regtig 'n goeie plek. Om die T-aansluiting oor te steek, regs te draai na mall is net nie moontlik nie. Daar kort beslis 'n robot, ons wil daar koop, maar sulke moeilike plekke waar jy sukkel om te draai, laat ons liewers kyk na plekke met veiliger verkeer en robotte. Pragtige skoon strande en maklik bereikbaar vanaf lughawe."
"Wou by KFC gaan kos koop en het die slegste diens gehad, het toe maar geloop sonder KFC."
"Lekker dorp, maar as dit nie vir die mall was nie sou daar nie veel aangegaan het nie."
"Haven't been there in years, beaches were clean, lovely promenade. Enough supermarkets and some lovely restaurants. "
"Die dorp self het nie veel eetplekke vir gesinne nie, veral as mens soek vir iets anders as die gewone Steers / KFC ens nie. Omtrent drie Pub & Grills, maar nie kindervriendelik nie. Heerlike ontbyt gehad by Coffee Theatre in die Mall. Warner Beach is baie sentraal en dis maklik om vinnig Amanzimtoti toe te ry en skaars 'n halfuur se ry van Durban af. Ons het verskriklik lekker vakansie gehou en was baie gelukkig om hierdie plek te kon kry so naby aan die strand en ander belangrike plekke."
"Die swemstrand is binne loopafstand van die winkel, maar die sekuriteit personeel het ons afgeraai om in die straat te stap en gesê dit is nie veilig nie. Ons kon wel strandlangs daar uitkom. Daar is egter geen winkel of kafee nie."
"Die strand en strand area was baie besig op 16 en 17 Desember en ons het glad nie veilig gevoel in die area nie. Daar was mense wat op die sypaadjies op kampstoele gesit het en wat in die strate geloop en wat alkohol gedrink het in die openbaar met geen polisie toesig. Ek was baie teleurgesteld in wat ek gesien en ervaar het."
"Sal vir seker weer daarnatoe gaan. Dit was heerlik. Al was dit binne seisoen was die strande nie oorbevolk nie en plek vir almal om hulself heerlik te geniet. "
"Mooi strand, skoon see, baie lewensredders en skoon badkamers. Daar is nie naastenby soveel verkeer as by Margate of Ballito nie."