Geverifieerde Resensie
Amanzimtoti
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Amanzimtoti bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 980 resensies.
"Ek persoonlik dink Amanzimtoti is 'n gerieflike, veilige dorpie om te gaan vakansie hou. Ons het dit baie geniet."
"Daar is 'n paar skermunkels wat rondsluip en wag om iets te steel, maar gelukkig is die publiek nogal bewus van hulle. Die hoofstrand is nie 'n baie lekker swemstrand nie (dalk het dit net te doen gehad met die ontstuimige see) en ons het by Warner Beach gaan swem. "
"Strande was mooi skoon en die Galleria Mall is ook puik, asook die restaurante - goeie diens en kos. "
"Dit is heerlik stil en rustig. Ons 6-jarige tweeling het die strand vreeslik geniet. "
"Amanzimtoti is sentraal geleë en beide die noordkus se strande sowel as die strande sover as die Wildekus is maklik bereikbaar vanaf Amanzimtoti."
"Soos enige ander strand in SA is dit maar baie besig oor Kers- en Nuwejaarsnaweke. Die mall is goed geleë en lekker om te besoek, met genoeg vir kinders om hulself mee besig te hou. "