Geverifieerde Resensie
Atlantic Seaboard
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Atlantic Seaboard bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 292 resensies.
"Dalk nie die beste area in die herfs or winter nie (agv die ligging van die berge kom die son baie laat op)."
"Daar is iets vir elkeen in Houtbaai. Dit is sentraal genoeg om daar te bly en ander gebiede ook te besoek. Die Kaapse atmosfeer is sentraal in hierdie bestemming."
"Houtbaai is 'n pragtige dorp, dit is net jammer dat die informele nedersetting 'n deel van die natuurskoon bederf."
"Beste vis en chips by Fish on the Rocks, Bay Harbour Market is 'n moet om te besoek, baie interessante stalletjie, kos, roomys en self biltong en droëwors te koop."
"Sal die bestemming definitief weer in die toekoms ondersteun en dit verseker aanbeveel. "
"Die plek is baie vuil. Die water is ook vuil en vol gemors. Jy sit by die restaurant en eet en kyk na die rommel in die water."
"Waardeer weer die mooi in die lewe. Winkeltjies by die mark 'n belewenis as jy weet waarin jy belangstel en wil doen. "
"Dit is afgesonder en daar is geen kafees of restaurante nie. 'n Mens moet dus Houtbaai of Kampsbaai toe ry. Daar is ook baie min parkeerplekke by die see, so jy moet stap van die eiendom af en dis 'n geweldige helling. Die enigste rede hoekom 'n mens daar sal bespreek, is vir die ongelooflike see-uitsig."
"As jy in Houtbaai gaan bly, is 'n uitkykpiekniek met aarbeie en sjampanje by Chapman's Peak 'n absulute moet! "
Mouille Point, Atlantiese Seekus
Rhodora 31"Dit is baie veilig, bied roetes vir fietsryers, voetslaners en vir mense wat wil draf. Die promenade en die parkie word baie mooi in stand gehou en is netjies. Heerlike plekkie om piekniek te hou vir kinderpartyjies."
"Ek sal enige tyd terugkeer Houtbaai toe vir 'n vakansie. Dis rustig en daar is heelwat om te doen."
"Baie oulike plekkie. Alhoewel Mariners Wharf sterk aanbeveel word, moet mense die moeite doen om verby te ry en by Snoekies iets te eet – lanklaas sulke lekker seekos geëet!"
"Lieflike restaurante en pragtige uitsig. Lekker naby die lughawe en Kaapstad self. Vriendelike mense en oulike winkeltjies."