Geverifieerde Resensie
Atlantic Seaboard
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Atlantic Seaboard bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 292 resensies.
"Dis baie mooi, veilig en skoon. Die weer was baie onvoorspelbaar maar daar is baie afleiding en eetplekke om te kan ontspan. Die berge en see het 'n kalmerende effek op 'n mens en die uitsigte is asemrowend!"
"Lieflike ligging buite die groot gedrang maar naby genoeg om alles te besoek. "
"Houtbaai is baie lekker, as jy die balans soek tussen die stilte van die see, die mooi van die wynplase, en sentraal vir die Kaapse rumoer, met 'n tikkie kuns en kultuur."
"Pragtige plek, oulike restaurante, veral The Dunes en Mariners Warf - heerlike kos!"
Drieankerbaai, Atlantiese Seekus
Green Point Self-Catering Studio"Lekker stil omgewing met baie lekker staproetes en sentraal genoeg om orals uit te kom."
Drieankerbaai, Atlantiese Seekus
Green Point Self-Catering Studio"Perfek geleë vir enige verblyf of toerisme."
"Dit is baie gerieflik geleë. Naby die see, naby sakesentrum. Naby die teater. Maklike roete na die stad en Waterfront."
"Ligging van oord is nie net wonderlike Houtbaai nie, maar ook naby genoeg vir alle besienswaardighede in die Kaap. 30 minute van lughawe af, 20 min van Kaapstad af. "
Mouille Point, Atlantiese Seekus
Dolphin Inn Guesthouse"Clean, safe and beautiful. Stunning part of the world."
"Houtbaai is baie sentraal geleë en gee toegang tot Kaapstad, Valsbaai en omliggende dorpe. Daar is 'n verskeidenheid van restaurante en die uitsig oor die baai is wonderlik vanaf sommige eetplekke."
"Hout Bay has excellent views . The Indoor Hout Bay market is interesting and has great atmosphere. Chapmans Peak Hotel and it's restaurant, The Lookout Restaurant, have excellent sea food and a great view! "
"Eetplekkies wonderlik en vriendelik en kos heerlik. Sal altyd terug gaan."