Geverifieerde Resensie
Barrydale
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Barrydale bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 271 resensies.
"Dit is 'n baie rustige en intieme dorpie wat baie warm kan word, maar ek sal weer gaan net in die winter volgende keer."
"Ongelukkig het ons net 1 aand oorgeslaap en omdat omdat die hele land op vlak 3 was kon ons nie die restaurante en omgewing lekker besigtig of besoek nie. Barrydale is 'n pragtige stil plattelandse dorpie. Ons het veilig gevoel. Sal definitief weer Barrydale wil besoek in die toekoms."
"Oulike klein dorpie met 'n hele paar interessante winkeltjies. Sommige was toe en ons was nie seker of dit maar net agv die feesseisoen was nie."
"Definitely worth stopping in and staying over on the way someway. The drive to and from Barrydale is very scenic."
"Dit is duidelik dat 'lockdown' die dorpie 'n redelike knou toegedien het. Heelwat van die inligting oor doendinge en plekke wat steeds op webwerwe verskyn is dus nie meer geldig nie. Maar daar is steeds meer as genoeg om te ervaar. Die staproetes om die dorp is beslis die moeite werd, die wonderlike boekehuis met sy derduisende boeke is 'n pardys, en die eet- en kuierplekke wat wel die slagting van 2020 oorleef het, maak 'n besoek steeds meer as die moeite werd. Een nag in Barrydale is nie genoeg nie. Ten minste drie. Ons enigste negatiewe kommentaar oor die dorp verskyn reeds hierbo! En onthou die plek kan WARM word!"
"As gevolg van die pandemie het baie van die eetplekke swaar gekry en is slegs enkeles na 16:00 in die aand oop - selfs op 'n langnaweek."
"Dit is n moet-stop vir enigiemand wat met die R62 ry. Kry gerus 'n melkskommel by Diesel en Cream in die dorp. "
"Fantastic little place! So magical and welcoming! Had one of our best New Years Eve - lovely dinner and a show at Karoo Art Hotel. Thank you for the invite even though we were late with the booking! "
"Om die Klein Karoo-dorpies te voet te verken en outydse huise en erwe met vrugtebome te ontdek, is baie spesiaal. Dis soos om 'n lucky packet oop te maak en dan ontdek mens die mooiste juwele. "
"Oulike dorp met heelwat om te sien en te ervaar. Sal Diesel 'n Cream aanbeveel vir lekker kos, beste milkshakes en vars vrugtesappe. "
"Praat met die locals oor waar om te gaan eet, ons het so 'n plekkie ontdek wat ons nooit sal vergeet nie, vir goeie redes!!"
"Det es n klein dorpie, waar alles net stadig an gaan. Des prima vir rus , wandelen en fietsrij."
"Perfect country village with interesting arts and craft places to visit and enjoyed meals at The Pumpkin Place and Diesel & Creme."
"Bekoorlik. Definitief 'n plek om te besoek en te verken. "