Geverifieerde Resensie
Beaufort West
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Beaufort West bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4 uit 5 gekry volgens 1694 resensies.
"Ideaal vir halfpad-stop, met 'n redelike mate van interessanthede en natuurskoon."
"Het nog altyd goeie diens en vriendelikheid ervaar in Beaufort-Wes. Lekker oornagdorp wat ingestel is op toeriste."
"Hoofstraat is baie besig en lawaaierig. Daarom by Aandblom gebly. Sal graag die Karoo park wil besoek."
"Behalwe vir die Spur is daar geen ander eetplekke nie. Deur die dag voel jy nie veilig in die strate nie want daar is BAIE mense wat net rondloop. Maak jou baie baie ongemaklik."
"Did not see too much of the town. Passed through on the way to Cape Town."
"A.g.v. Bakgat sal ons nou altyd hier kom oorslaap. Hier is 'n paar goeie kos-opsies."
"Beaufort-Wes was baie aangenaam gewees. Ons kon ook die Karoo Nasionale Park gaan besigtig, aangesien dit lekker naby was."
"Dit is en bly 'n gerieflike halfwegstasie vir reisigers vanuit Gauteng."
"Beaufort-Wes se motorindustrie is tops wanneer dit kom by kliëntediens. Die AA, Midas en Parte het ons vinnig en mooi gehelp en dit nogal op 'n vakansiedag. Dankie, sonder julle sou ons nie kon Kaap toe ry nie!"
"Die dorpie is baie mooi, maar dis baie koud. Gerieflike vulstasie en wonderlike diens by Spur. "
"Ek glo alles wat mens nodig het is in Beaufort-Wes te kry en te sien. Daar is baie besienswaardighede wat jy by die inligtingsentrum sal kan uitvind."
"Gerieflike oornagstop tussen Kaapstad en Johannesburg. As jy wil sterre kyk in die nag, is dit 'n goeie keuse."