Verified Reviews
Bethlehem
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Bethlehem
Rated 3.8 out of 5 based on 291 reviews.
"Ons is van die Oosrand en ek was bietjie geskok toe ek besef dat al die winkels, selfs in die mall teen 5 uur op 'n Saterdagmiddag toegemaak het. Kon nie eers 'n restaurant kry om by te eet nie. "
"Bethlehem is 'n gemaklike basis waarvandaan die groter omgewing verken kan word na plekke soos Clarens en Fouriesburg. ens. "
"Het begrafnis gehad by Lavender Hills net buite Bethlehem. Baie mooi plek vir onthale, ens. Pragtige kerkie en tuine."
"Goedkoper om daar te bly asook makliker om plek te kry en naby Clarens, Fouriesburg ens. Baie besienswaardighede rondom. Baie sentraal."
"Die Vrystaat het tog sy eie bekoring, al is dit 'n plat wêreld met ysige winters. Die vervoer infrastruktuur het aandag nodig. Paaie se toestande (binne en buite die dorp) bied nie altyd die veiligste moontlike rit vir reisigers nie. "
"Bethlehem is baie sentraal vir verblyf om al die besienswaardighede in die omgewing te besoek. Al die geriewe is daar tot 'n lekker Mall vir shopping en uiteet."
"Ons was mal oor die plek, sal enige dag weer kom. Hopelik sal ons langer kan bly."
"Bethlehem is 'n goeie middelpunt waarvandaan verskeie besienswaardighede in die Oos-Vrystaat besoek kan word. "