Geverifieerde Resensie
Betty's Bay
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Betty's Bay bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 556 resensies.
"Lieflike gemeenskap. Die bure het my in die regte rigting gehelp toe ek so 'n bietjie verdwaal het."
"Groot, oop strande - al kan die wind nogal waai (Kleinmond is meer beskut teen die wind). Dis 'n goeie keuse as jy rustigheid soek. En die klein supermarkie het (amper) als wat mens dalk vergeet het."
"Die winkels maak baie vroeg toe, so maak maar seker jy het alles wat jy nodig het voor dit donker raak."
"Bettysbaai is propvol historiese geskiedenis, die mooiste staproetes in die berg, die pragtige strande en dan natuurlik die opwindende diere van pikkewyne na walvisse en selfs as jy gelukkig genoeg is mag jy dalk net die luiperde ook raakloop. Definitief iets om te beleef."
"We've been wanting to stay in Betty's Bay for quite some time now and it did not disappoint. The gardens where we did Parkrun were so exceptionally beautiful and what a amazing surprise to visit the extensive Penguin colony which surpasses Simon's Town's Boulders Beach for an awesome Penguin experience. Very restful place, which is just what we needed too."
"Beautiful, coastal town. Rocky coast with lots of crayfish which can be caught in the crayfish season with a permit!"
"Als wat jy nodig het is naby. Stapafstand. Baie veilig gevoel as vrou-alleen wat saam met my seun op vakansie was, maar kan beslis sien dit is ‘n klein, stil gemeenskap wat ook moet omsien na ons toeriste gedurende vakansies. Maar ek verkies dit so stil en intiem. Verlief op Betties met haar berg en see."
"Pragtige vakansiedorpie om van alle spanning te ontlaai met 'n baie netjiese en skoon omgewing!!!"
"Great seaside town. Low key with a great restaurant, coffee shop and store for basics. "
"Uitstekend, rustige natuurskoon, naby heelparty besienswaardighede. Ons het die plaaslike restaurant - The Tides - baie geniet."
"Betty's Bay is where you go to relax and unwind. The beach was not very busy, it was clean and very family-friendly with soft, beach sand. We could relax here after the buzz of a busy work week. Limited places to eat that we could find, but the Tides restaurant had great food."