Geverifieerde Resensie
Bloemfontein
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Bloemfontein bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.1 uit 5 gekry volgens 2068 resensies.
"Bloemfontein se munisipaliteit het beheer verloor. Ek het by twee geleenthede (dertig jaar uit mekaar) in Bloemfontein studeer. Die stad is haglik en besig om te verval. Tragies!"
"Daar is is darem nog goeie mooi dele teenoor die res van die Vrystaat se dorpe. Maar het ook maar soos die res van die land agteruit gegaan."
"Teleurgesteld in skoonheid en toestand van die dorp. Munisipale dienste ook nie op standaard, paaie lyk sleg."
"Was by Botaniese tuin wat beslis 'n belewenis was. Verskeidenheid inkopiesentrums."
"Lekker naby die sportvelde vir vinnige toegang. Meer as genoeg nabygeleë eetplekke."
"Ons het net daar oornag na JHB en dit was perfek as 'n oornagplek aangesien dit naby 'n winkelsentrum was waar ons kon gaan kos koop vir aandete en ook vir die pad die volgende dag. Baie mooi area, maar het ongelukkig nie lank genoeg gebly om dit te kan verken nie."
"Tipies Vrystaat is die omgewing redelik kaal, maar tog baie mooi op sy manier."
"'n Bietjie vêr van die middestad, (so 10 km) maar tog was daar talle ander groot sentrums nader. Baie stil en mooi woongebied. "