Geverifieerde Resensie
Bloubergstrand
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Bloubergstrand bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 1064 resensies.
"Ongelooflike ligging, veilig, strand lekker naby, veilig en goeie vermaak en bedrywig! Winkels, eetplekke baie naby."
"Lieflike, rustige en veilige woonbuurt met alle nodige besighede binne stapafstand en slegs 5 minute se ry vanaf Bloubergstrand. "
"Seker een van die mooiste strande in Suid-Afrika!! Die wandel/drafpad langs die see, is 'n baie groot bonus!"
"Baie mooi uitsigte oor Tafelberg. Lekker om die strand te stap en 'n klomp restaurante, kuierplekke en inkopiesentrums baie naby geleë. "
"Bloubergstrand word die nommer een vakansiebestemming. Strande skoon en netjies met sigbare sekuriteit. "
"Safe to walk on your own. Close to everything. Great variety of restaurants. Can recommend On the Rocks. Super location for a holiday. Already contemplating my next stay there!"
"'n Fees om langs die strand te stap. Het 'n paar keer verdwaal, maar met my kaart op my foon was ek gou-gou by Kumbaya."
"Ons is van die Helderberg, maar is gaande oor Bloubergstrand as 'n vakansiebestemming want dis nie te ver nie ook nie te naby nie. Die berg- en see-uitsig is asemrowend, die see is net 'n klipgooi weg en met al die restaurante en winkels en winkelsentrums naby, kan jy jou regmaak vir 'n heerlike wegbreek. "
"Net 'n jammerte dat mense die strand so besaai met papiere en bottels, andersins baie lekker."
"Geen fout met die area nie. Mooi strand en alle winkels lekker naby. Sou net graag meer tyd daar wou spandeer, maar is lekker sentraal geleë. Naby Kaapstad, Bloubergstrand en binnelandse bekende wingerdplase."
"Maklik bereikbaar van oral af. Die area laat jou veilig voel en dit is skoon."