Geverifieerde Resensie
Upper Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Upper Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4 uit 5 gekry volgens 3215 resensies.
"Apparently the actual halfway point between Cape Town and Johannesburg which makes sense as a stop over if driving. Hanover itself, however, does not have much to offer, unless you can land yourself on a lovely farm, of which there are plenty."
"Ons het nie te lank in Victoria-Wes gebly om 'n goeie objektiewe skryfstuk te gee oor die area nie. Ek kan wel noem dat dit baie plattelands is."
"Probeer gerus aandete by die Hotel. Dit is onder nuwe bestuur en die kos is heerlik en die hotel is pragtig gerestoureer. "
"Maak seker om 'n draai by die boekwinkel te maak, dis die moeite werd. "
"Die rede waarom ons by Nieu-Bethesda aangegaan het,was hoofsaaklik die Uilhuis (Helen Martens). Ons het die Uilhuis baie interessant gevind en was verras deur die res van die dorpie en sy mense. "
"Die fossiele wat daar gevind word is interessant, en uiteindelik het ons ook die uilhuis gesien."
"Ek het Britstown nog altyd as goeie halfweg tussen die noorde en suide beskou, maar dit is tyd om aan te beweeg en te verken!"
"Jammer dat ons nie by aankoms of vertrek die Richhmond Book Town Headquarters kon oop vind nie."
"Die waardering vir die geskiedenis en mooi geboue sal ek beslis aanbeveel. Ons het vanaf Victoria-Wes na Loxton gery - die mooiste kerk, die Rooi Granaat en Deon Meyer se huis. Daarna het ons deur Carnavon gery en die afdraai na die SKA geneem om na die satelliete te gaan kyk (besig met padwerke op die oomblik)."
"Nieu-Bethesda het baie meer potensiaal. Die bierbrouery was teleurstellend, want dit was baie onnetjies. Die Uilhuis was baie interessant, maar 'n mens sal graag meer oor die inhoud van die huis waar Helen gewoon het wil weet."
"Ons het geniet wat ons gesien het, maar kon nie veel tyd in die omgewing bestee nie."
"It's a small quaint town but very run down and the maintenance from the municipality's side is next to none. An interesting stopover as they used to breed horses here for the Durban July. "