Geverifieerde Resensie
Bojanala
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Bojanala bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 1234 resensies.
"Nice friendly little town and a shopping mall with lots of restaurants and shops."
"Die straat na die gastehuis lyk maar baie verwaarloos met vullis wat orals rondlê. Ons bestemming was egter die moeite werd."
"Die area, oor die algemeen, kom redelik afgeleef voor en ek sal dit nie as 'n toeristebestemming (op sy eie) aanbeveel nie. Dit is te ver van Sun City en Pilanesberg af om op hulle geriewe en aktiwiteite aanspraak te maak."
"Lekker naby aan als. Ons het die kabelkar en besoek aan damwal en Jasmyn baie geniet."
"Hou van die stilte. Naby genoeg aan moontlike bestemmings in die omgewing. Dit is 'n klein dorpie wat 'n sjarme van sy eie het. Sal graag meer tyd daar en in die omgewing wil spandeer. Het gesukkel om inligting te kry oor wat in die nabye omgewing te doen en te sien is."
"Die strate in die omgewing is in 'n slegte toestand met al die potholes. Daar kan dalk ook gekyk word na straatligte in die hoofstraat, dit sal besoekers help om snags hul bestemmings makliker te breik as jy vreemd in die omgewing is."
Pilanesberg Nasionale Park, Bojanala
The Kingdom Resort"Road to and from Pilansberg National Park full of potholes and not a relaxing drive. Restaurant staff not customer orientated, service definitely needs to be improved."
"Rustenburg is 'n baie vriendelike dorp skoon en netjies. Alles wat jy kan nodig kry is in die dorp beskikbaar."
"Tydens 'n vroegoggend draffie op grondpaadjies in Skeerpoort is jy vir seker dat voetgangers jou vriendelik gaan groet, die loeries en ape die nuutste nuus aandra en die lugballone wat skelm om die kop wink, jou laat droom oor die volgende keer."
"Slegs een restaurant, by klubhuis, en die restaurant was nie 'n goeie ondervinding nie."
"It was a great stay, really missed leaving the people behind on the day of departure. The assistant was great service as we were short of nothing."
"The road between Sun City and Mogwase is too dark to travel at night as it is dangerous for people."
"Daar was 'n vreeslike groot party by die dam deur die nag wat eers tot einde gekom het die volgende oggend 06:00. Die geraas het getrek tot by die huise in die kompleks en was enigste rede hoekom ek nie weer akkommodasie daar sal oorweeg nie. "