Geverifieerde Resensie
Boland
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Boland bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 5716 resensies.
"Must visit: The Taal Monument. The view from there is awesome. The strawberry shop has freshly picked strawberries at very reasonable prices. Babylonstoren is a must see. Delicious food at the garden restaurant. We will be back soon."
"My pa het familie gehad wat in Worcester gebly het en wou net weer 'n slag sien hoe dit daar lyk. Groot was my verrassing toe ek Trappestraat herken en ook die huis waar my pas se suster gebly het tot sy oorlede is 42 jaar gelede."
"Ek het Tulbagh besoek omdat my ma daar groot geword het en my oupa en ouma daar begrawe is. Die omgewing met die berge en plase is pragtig. "
"Dit was my heel eerste keer in Paarl. Ons was daar vir die Strongmansrun. Die dorp is so netjies en groen!"
"Ek glo daar is seker mooi plekke, maar ek het nie veel rondgekyk nie. Waar ek was, was dit onveilig."
"Lochenerhof is 'n veilige, gevestigde woonbuurt wat naby die see, winkelsentra en wynroetes geleë is."
"Goeie plek om weg te kom van besige lewe. Genoeg om te doen en te sien in die area. Lekker restaurante op die dorp."
"Hou baie van die klein dorpje met sy geskiendenis, olyfboorde en wyn, interessante winkels, goeie koffie winkel, 'n lekker wegbreek."
"We were there for a pool tournament, but not much to do there otherwise. A few dams for fishing if you have equipment. And some beautiful views of the mountains for sure. A proper shopping centre with all you need. "
"Die dorpie is net 10 minute se ry uit Ceres. Dis net ver genoeg om nie in die besige Ceres vasgevang te wees nie, maar naby genoeg om vinnig in te ry Ceres toe as jy iets daar moet doen. "
"Baie mooi, alles wat jy graag in 'n vakansiebestemming sou wou beleef. Nabygeleë dorpe en besienswaardighede is 'n moet!"
"Jammer ons het nie by die strand uitgekom nie en die roomysplek op strandweg. Eetplekke is ook baie lekker."
"Baie lekker rustige dorpie. My vrou het dit die meeste geniet. Lekker baie winkels en eetplekke met interessante goed om te sien en te koop."