Geverifieerde Resensie
Boland
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Boland bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 5716 resensies.
"Daar is 'n groot verskeideheid aktiwiteite waaraan mens kan deelneem. Als wat jy nodig het is naby ─ eetplekke, klerewinkels, daar is selfs 'n plek waar branderplanke gehuur kan word."
"Baie lekker en naby omliggende pragtige plase. Mooi omgewing en die rustigheid is heerlik. "
"Ceres is 'n pragtige landelike dorpie styf ingewikkel tussen die mooiste berge. Als is waarlik so na aan die natuur daar. Veral nou met die wintersneeu en koue, was dit ideaal."
"Ek voel die Strand het great mense, lekker atmosfeer, oulike winkels. Mens kan werklik daar rus."
"Lekker gerieflik naby die R44. Maklik en omgewing pragtig, stil en presies waarna ek soek."
"Dis die moeite werd om Tulbagh en die vallei te besoek. Pragtige omgewing en heerlike wyn."
"Sentraal geleë tot vele aktiwiteite. Die Franschhoek Wine Tram is 'n moet!"