Geverifieerde Resensie
Boland
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Boland bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 5716 resensies.
"Ons was nie regtig daar tydens ons besoek nie. Maar dis 'n mooi dorpie met 'n pragtige uitsig oor die Slanghoekvallei."
"Heerlike aandete geëet by Fowlers en die beste koffie gedrink by Cafe Hugo. Baie lekker Parkrun."
"Stil en rustig. Naby genoeg aan dorp/stad om gerieflik te wees, maar ver genoeg weg om te kan rus en veilig voel in die aande."
"Omgewing mooi skoon. Paaie in goeie toestand. Puik diens deur die plaaslike besighede."
"Jy sal nooit verkeerd gaan daar nie. Als is om jou, van kos tot vermaaklikheid. "
"Perfekte ligging. Naby koshuis, skool en stadion vir wedstryde. Definitief aan ons kriteria voldoen."
"Ek het glad nie die area geken nie, maar was aangenaam verras. Alles skoon en netjies, die paaie ,die strand, die loopareas. Baie oulike restaurante met goeie kwaliteit kos, ruim en goed toegeruste winkelsentrums en natuurlik net 'n klipgooi vanaf die wynplase. Wat meer kan mens voor vra, die wynlande and die see beide op jou voorstoep."
"Pragtige omgewing. Die mense met wie ons te doen gekry het, was almal baie vriendelik en hulpvaardig."
"Worcester het ons baie verbaas. Ons het die hele dorp en omliggende areas besoek en besluit dat dit werklik 'n soveel meer is wat die oog kan sien. Kyk beslis met nuwe oë na die dorpie."