Geverifieerde Resensie
Boland
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Boland bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 5716 resensies.
"As 'n toerisme beampte in 'n ander area wat twee jaar in Paarl gebly het, dink ek Paarl het baie potensiaal. Vir toeriste wat belangstel in wyne, brandewyne en 'n plekkie naby Kaapstad is dit ideaal. Vir besigheidspersone wat naby die stad wil bly, maar wat nog steeds 'n "country" gevoel soek is dit perfek. "
"Sal graag daar eendag wil kom woon. 'n Pragtige dorp met baie natuurskoon. Net een woord... hemels."
"Baie lekker restaurante, galerye, winkels. Heerlik om deur die strate te kuier met die pragtige ou geboue en bome. Spesiaal."
"Pragtige wynlandgebied en 'n uitstekende gebied vir toerisme."
"Baie lekker plek om vakansie te hou. Daar moet net minder op/aan die paaie gewerk word, of hulle moet gouer werk want dit kan 'n afname aan besoekers bring."
"Vanaf Rawsonville het ons uitgery na Paarl, Franschhoek en die hele omgewing plat getoer. Lekker sentraal geleë!"
"Tulbagh is 'n pragtige en skoon geskiedkundige dorp met mooi ou geboue, interessante galerye, uitstekende restourante en 'n lekker wynkelder om te besoek. Beslis 'n besoek werd."
"Heerlik gekuier by die Bush Pub en aandete geniet by Paddagang se kaggel. Things I love deli in die hoofstraat het die oulikste snuisterye en die heerlikste skons!"
"Ek is mal oor die Strand, maar die padwerke was baie irriterend. Mens kan nie by enige iets uitkom sonder om 'n enorme draai te ry nie. En die lieflike strand self is moeilik om te bereik op die oomblik. Hoe gouer hulle klaarmaak hiermee, hoe beter."
"Pragtige omgewing. Na aan Kaapstad vir meer besienswaardighede, indien verkies. Was te kort tydjie daar om die onmiddellike omgewing te verken! "
"Pragtige wynkelders om te besoek. En 'n Melissa's om by te gaan eet. Heerlik!"
"Strand itself as a city or place is not spectacular, but the beach is great! Big stretches of white sand make it a good spot for practising water sports and relaxing. There's some fun restaurants and eateries and there is also plenty of opportunity to do some shopping nearby. The whale viewing route starts just around the corner and it's close to Cape Town and many other places of interest."