Geverifieerde Resensie
Boland
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Boland bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 5716 resensies.
"Tulbagh het pragtige weggesteekte plekkies. Ons het veral ons middagete by Paddagang Restaurant baie geniet! "
"Ek het as kind koshuis bygewoon op Riebeek-Wes en dit was verskriklik lekker om weer vir die eerste keer na 31j jaar terug te kom hiernatoe. "
"Baie mooi dorp, kan prag foto's neem, goeie wyn, nie te veel om te doen nie, dus goeie plek om te rus. "
"Paarl is a great destination. Interesting heritage, beautiful scenery and lovely restaurants."
"Wolseley is sentraal geleë tussen al die aktiwiteite en besienswaardighede van Bainskloof, Ceres en Bainskloofpas. Daar is baie lekker eetplekke en wynplase in die omgewing. Ons het fynbos gasteplaas besoek wat die hoogtepunt van ons kuier was (baba het dit baie geniet)."
"Ons het die plek verken, lekker wynplase besoek, 'n pub besoek en rugby gekyk. Alles was lekker sal weer daarheen gaan."
"Pragtig. Olywe en goeie wyne te proe. Lekker kuierplekke. Lekker basis om buurdorpe ook te verken. Kan dalk meer fisiese aktiwiteite byvoeg."
"Riebeek Kasteel is 'n pragtige dorp. Die mense is vriendelik en plat op die aarde. Die Riebeek Vallei Kwekery is absoluut fantasties en vir enigeen wat lief is vir tuinmaak en hou van inheemse plante kan ek dit ten sterkste aanbeveel. Die plek is 'n juweel en die eienaar se kennis is ongelooflik. Die hele vallei is iets besonders."
"Baie mooi dorpie met die vriendlikste mense. Genoeg verskeidenheid wynplase en alle plekke wat jy besoek gee jou 'n kaart van alles wat jy kan doen in Tulbagh. Sal graag wil sien hoe lyk die dorp met sneeu op die berge."
"Dit is 'n baie oulike plekkie en natuurlik met die olyfplase en markie wat hulle bied maak dit nog meer aanloklik."
"Pragtige dorpie met daardie tipiese plattelandse gevoel. Soveel interessante dinge om te sien en te doen. Beans about Coffee en Mama Cuccina restaurant is uitstekende eetplekke."
"Beautiful and picturesque, with excellent wine farms and restaurants. Getting a bit pricey for locals though. Maybe more winter specials for locals? Love it in winter not so many tourists. Why not invest in a small vintage classic cinema for entertainment though, or offer more musical experiences. Hugenot Chocolates needs urgent help in chocolate packaging and retail presentation. I love supporting them but they lack flair."