Geverifieerde Resensie
Boland
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Boland bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 3686 resensies.
"If you want to get away from the hustle and bustle of city life and you just want to reconnect with family, friends and yourself. This is the place."
"Die Boland is seker een van die beste bestemmings vir enige wynliefhebber, maar ook vir die natuurentoesias. Die berge en valleie is talloos en pragtig. Doen jouself 'n guns en besoek die Boland. Stellenbosch-omgewing is die gewildste en pragtig, maar definitief nie die enigste of beste nie - kyk bietjie noord na die Breederiviervallei by Robertson, McGregor, Ashton, Montagu ens, en dan weer ooswaards na die Hemel-en-Aarde vallei naby Hermanus."
"Baie mooi dorp en daar is dinge wat jy kan doen en wynproe ens. Die nabygeleë dorpe is net om die draai. Baie eetplekke om van te kies."
"Dit is uitstekende plek om weg te gaan vir 'n vakansie of 'n naweek weg. Of ook in week."
"Wonderlike dorp om 'n naweek in deur te bring. Pragtige winkels met ongelooflike lekkernye. Ons gunsteling winkel was "Roes", 'n oudhedewinkel. So baie goed om te koop! "
"Ceres is 'n industriële dorp, mense jaag, maar van een punt na 'n ander en is nie eintlik ingestel op toeriste nie. Die berge is pragtig en indrukwekkend, maar ons kon nie 'n stil plek iewers kry om dit te geniet nie."
"Stellenbosch bly een van die voortreflikste toeristebestemmings in die wêreld en 'n moet vir wynliefhebbers wat graag die wynplase in die omgewing wil verken."
"Paarl is 'n pragtige dorp met baie toerisme attraksies tussen die Bolandse Wynlande."