Verified Reviews
Boland
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Boland
Rated 4.6 out of 5 based on 3686 reviews.
"The gravel road added to the rustic feel of the place. We loved everything about it."
"Dis 'n pragtige en rustige area en ek sal weer daar gaan oorslaap as ek moet."
"Lieflike lang strand om op te gaan loop. Somerset Mall is sommer naby en alles is binne 10 minute se ry van Strand af."
"Stellenbosch is steeds een van ons gunsteling plekke om oor naweke te besoek. Dit bly volgens ons een van die mooiste plekke in die land. "
"As jy wil wegbreek om siel skoon te maak of net 'n bietjie kwaliteittyd saam met familie te spandeer weg van stadsgeraas, is Ceres beslis die plek vir jou. "
"Paddagang Fijne Wijne het die heerlikste hoender schnitzels en Moniki is 'n oulike plekkie met interessante sjokolade. Sal definitief albei plekkies voorstel om te besoek en dis net 5 minute uit mekaar!"
"Baie lekker dorpie om in te kuier. Oulike winkeltjies en restaurante. Vlok Kasteel het my beïndruk."
"As die weer mooi is, is dit 'n fantasties bestemming, maar winderige dae moet maar saamgeleef word. Valsbaai se watergehalte is swak en sal nie vis eet wat daar gevang word nie, met al die vullis wat afspoel uit informele nedersetting."
"Tulbagh self bied meer as wat ek voor beplan het en sal meer as 'n naweek vat om als te sien en te beleef."
"The people of Tulbagh were friendly and helpful. They are proud of the town and willing to share the information. Kerkstraat in Tulbagh has a wealth of information and interesting goodies to buy. We enjoyed spending a number of hours there."
"Ons was daar vir `n begrafnis - nie as toeriste nie. Sal nie sommer weer na die Strand toe gaan nie - jy moet hou van woonstelblokke en winkels langs die see. "
"Rustige dorpie en ideaal vir 'n wegbreeknaweek. Dis 'n vinnige bestemming om te bereik van Kaapstad en omliggende gebiede."
"Baie om te sien en te doen. Te min tyd gehad, moes meer dae daar gewees het."