Geverifieerde Resensie
Brackenfell
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Brackenfell bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 83 resensies.
"Dis maar stad en besig. Wat dit wel besonders maak, is die feit dat 'n mens so half tussen Kaapstad, Stellenbosch en Paarl is. Jy is dus baie naby alles."
"Ons het net in Brackenfell oorgeslaap omdat ons vir besigheid daar was. Dit was ook gerieflik na aan winkels."
"Very neat and upmarket area with a lot of security around. Shopping mall around every corner. You don't need to travel long to be able to do your shopping. Highly recommended."
"Ek ken Brackenfell al my hele lewe lank. My ouma en oupa bly in die ou uitbreiding al vir jare en dus het ons groot geword daar. Dit is altyd lekker om terug te gaan na bekende plekke. Die feit dat alles naby mekaar is maak dinge baie makliker."
"Brackenfell is nie te ver van die stad nie en is 'n rustige, kalm omgewing. Idiale plek om van die stad se lawaai af weg te kom."
"In vergelyking met wat die stad Kaapstad bied, is Brackenfell nou nie juis 'n toeriste mekka nie, maar die gerieflikheid van die nabygeleë groot winkelsentrums sonder die voortdurende bedrywigheid van die stad maak dit 'n gerieflike plek om te bly/kuier."
"Die huis is op 'n koppie geleë in 'n heerlike stil area met die pragtigste uitsig op Tafelberg en die omgewing. Ons het baie veilig gevoel."
"Dis baie stil en rustig, so as jy 'n rustige tyd soek is dit die regte plek om te gaan wegkruip. "
"Being within easy access to many interesting places in the Cape Winelands area makes it a useful starting point."