Cat's Eye Cottage
- Kapasiteit: 4 persone
- Geen kinders onder 16
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Ysterhoutstraat 9, Vredekloof, Brackenfell, 7560, Wes-Kaap
- Vanaf R1 350 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Cat's Eye Cottage (rook verbode) bestaan uit Cat's Eye Jewel en Cat's Eye Gem, en is in die hartjie van Vredekloof geleë. Dis lekker gerieflik naby die N1 met maklike toegang tot die Wynlande, Kaapstad, die middestad en die Waterfront. Dit is ideaal vir oordeelkundige reisigers of gesofistikeerde sakereisigers.
Die oopplan-kothuis het lugversorging en die slaaparea het 2 enkelbeddens met gehaltelinne, verstelbare leeslampies en gerieflike kragpunte.
Daar is 'n en suite-badkamer langs die slaapkamer. Blink teëls en steenafwerkings versier die kamer wat spog met 'n groot instapstort, verhitte handdoekreling, wasbak en Europese-styl toilet. Geriewe sluit 'n haardroër, seep, handdoeke en japonne in.
Die kombuis het moderne geriewe en modieuse liggies. Daar is koffie- en teemaakgeriewe in die eetarea tussen die slaapkamer en die kombuis. Daar is 'n 40" Samsung Smart LED-TV teen die fokusmuur. Satelliet-TV en komplimentêre WiFi is standaard. Daar is ook 'n stoep om op te ontspan en braaigeriewe onder die sterre.
Die kothuis word skoongemaak voordat gaste inklok, na hulle uitklok en ook weekliks (buiten Sondae en openbare vakansiedae). Wasgeriewe en pendel- en chauffeur-dienste is beskikbaar. Daar is veilige parkeerplek en 24 uur-sekuriteit op die perseel.
Die Glengarry Winkelsentrum, Cape Gate Winkelsentrum en die Cape Gate Mediclinic is naby geleë.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.7/5
Rainer Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 24
Op LekkeSlaap 9 jaar
Ligging
- Ysterhoutstraat 9, Vredekloof, Brackenfell, 7560, Wes-Kaap
- Gaste dink Cat's Eye Cottage het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 4 persone
- Geen kinders onder 16
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Ysterhoutstraat 9, Vredekloof, Brackenfell, 7560, Wes-Kaap