Geverifieerde Resensie
Breede River Valley
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Breede River Valley bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 1629 resensies.
Fairy Glen, Breederiviervallei
Bergsig Inn"Goeie area om te bly. Ek is jammer om te kla, maar heel onaanvaarbaar."
Rawsonville, Breederiviervallei
Avondrood Mountain House"Daar is genoeg plekke en dinge naby geleë om te besoek. Die Ou Stokery en Melissa's was ons gunstelling!"
"Die dorpie het baie potensiaal maar van die winkels het tog afgeskeep gelyk. Kerkstraat is egter nog baie goed onderhou. Die omgewing is ongelooflik mooi."
"Tulbagh is stil en rustig en Kerkstraat is prentjiemooi met al sy historiese geboue. Sal beslis weer teruggaan."
"Daar is nie veel om te doen nie, maar kan Fowlers Grill vir seker aanbeveel as eetplek en die Mountain Mill Mall het fliek en eetplekke en genoeg winkels as jy wil uitkom en iets nodig het."
"Besoekers aan Tulbagh moet kennis dra daarvan dat goeie winkels op Tulbagh maar skraps is."
Rawsonville, Breederiviervallei
Rawsonville Guest House"Pragtige, stil, skoon dorp waar alles wat jy nodig het op Worcester te kry is. Naby aan 'n aantal goeie wynplase en interessante eetplekke."
"Tulbach is 'n baie mooi dorp, pragtige ou Kaapse boustyle, paddagang met winkel en restaurante moeite werd om te besoek. "
"Tulbagh is 'n pragtige plattelandse dorpie, met genoeg buitemuurse aktiwiteite om ons tevrede te stel, bv. perdry, bergklim, stap. En moenie vergeet van al die mooi omliggende wynplase waar mens kan wynproe en selfs eet ook by sommiges. Ons gunsteling dorpie en net 'n uur uit die stad."
"Tulbagh is beeldskoon en die klein dorpie het baie om aan te bied. Oakhurst Olives is definitief 'n moet!"
"Netjies plattelandse dorp met pragtige wyn-, vrugteplase in die nabye omgewing wat besoeke werd is. Ook baie na aan Tulbach en Ceres met wat die twee dorpe ook alles aan besoekers bied."
"Vreeslike mooi plek, ons het die feit dat dit meestal werkende wingerde is baie geniet (nie jou average toeristebestemming nie, nie soos wynplase in nabygeleë dorpe nie). Ons het altyd die Hexrivier vallei van 'n afstand af bewonder, of so in die verby ry via die N1, om daar te kon bly vir twee nagte was 'n lekker ervaring!"