Geverifieerde Resensie
Brenton-on-Sea
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Brenton-on-Sea bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 112 resensies.
"Rustig en stil maar redelik naby alles wat 'n mens moonltik sou wou doen. My gunstelling vakansiebestemming in ons pragtige land."
"My eerste keer in Brenton-on-Sea en sal definitief weer gaan. Mooi skoon area, uitstekende uitsigte, met baie koue seewater. "
"Ons was mal oor Brenton-on-Sea se ongekunstelde kusdorp-atmosfeer en ook verras met onverwagse luukshede soos die deli en restaurant."
"Heerlike oop strande. Was nie oorbevolk gedurende Nuwejaarsdag nie. Lekker ontspannende atmosfeer."
"Ek het al vele vakansies by Brenton-on-Sea gehad en het net mooi herinneringe van hierdie stranddorpie. Dis naby genoeg aan Knysna om inkopies te doen, maar ver genoeg om weg van die gewoel te wees. Die natuurskoon is lieflik en ek was bevoorreg om tydens my mees onlangse vakansie daar twee skole dolfyne te sien. Ek kan hierdie kusdorpie beslis aanbeveel. "
"Die natuurskoon is baie mooi en die omgewing is nog ongerep. Die restaurante in die area is min en die vermaak vir kinders nie veel nie, maar dit leer kinders om weer kind te wees en net buite te speel en hul self te vermaak."
"Vriendelik gehelp by ontvangs en van die begin af probeer om alles te doen om te help. Het ook die besoek aan die restaurant geniet. Vriendelike ontvangs, diens en kos."
"Op het strand liggen prachtig gevormde rotsen. Het nabij gelegen Knysna is een bezoek waard."