Geverifieerde Resensie
Britannia Bay
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Britannia Bay bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 127 resensies.
"Dis 'n moet sien as jy nog nie die deel van ons land gesien het nie. Naby aan juwele soos Jacobsbaai, Paternoster en Tietiesbaai om maar 'n paar te noem."
"Dis bitter mooi. Ek was ongelukkig net daar vir 'n troue, so het nie veel tyd gehad nie, maar sal graag wil teruggaan."
"Dis werklik 'n Weskus-juweel! Die plek is lieflik, rustig en die natuurskoon is ongelooflik. "
"Britanniabaai is vir diegene wat wil wegbreek van die gejaag van die stad en werklik net die see en natuur wil gaan geniet."
"Dis 'n wonderlike plek vir mense wat wil wegbreek uit die gejaag van die lewe, dis 'n absolute kans om te rus en niks te doen nie."