Geverifieerde Resensie
Buffalo City
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Buffalo City bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 1018 resensies.
"Ons het Gonubie toe gegaan om 'n siek familielid te besoek. Ons sal nie daar vakansie hou nie. Die paaie is in 'n erge toestand, veral die aand toe dit gereën het, was dit 'n probleem om nie die motor seer te maak in die gate nie. Maar dit is nie die inwoners se skuld nie, die Munisipaliteit moet hul werk opskerp. Ons het net van die woonstel na die familie gegaan, ons was nie by die strand of enige ander plek in Gonubie nie."
Gxarha (Morganbaai), Buffelstad
Brills @ C"Mooi omgewing en lekker strand - plaaslike mense is vriendelik."
"Ek kom van Bloemfontein en dis dieselfde bestuur, kultuur en vriendelikheid van die mense om jou, dis net by die lekker see. Jy het kilometers se oop strande wat alles bied."
"Gonubie bied alles wat 'n mens kan verwag by 'n groter plek / dorp / stad, maar in 'n baie minder besige omgewing."
"Gonubie is 'n pragtige plekkie en baie lekker om vakansie te hou, want dit is nie so besig nie. Ek sal net wel aanbeveel dat hulle die slaggate toemaak en dat daar vir die mense wat op Kersdag en Nuwejaar op strande mors meer plan gemaak sal word."
"Stutterheim is surrounded by forestry and beautiful nature walks. Yet, they also have a fantastically interesting Engine Museum, who's caretaker is truly passionate. This is definitely a place to visit as well if you're passing through the little town."
"Ek sal volgende keer 'n dag langer bly a.g.v. puik ligging en beslis my visstokke saambring."
Gxarha (Morganbaai), Buffelstad
Great Escape in Morgan Bay"Morgan's Bay is lovely. We would definitely recommend it as a travel destination. "
"Baie rustige area. Ek het nie een keer onveilig gevoel nie. Sal graag in die toekoms weer gaan."
"Moet ry om by 'n strand uit te kom, maar dit is 'n baie mooi area waar Byways gelee is."
"Dit was ons eerste besoek en ons was baie verras. Heerlike eetplekke en alles wat 'n besoeker nodig het, is daar. "
"Ons is baie mal oor Gonubie en bly gereeld daar oor op pad Kaap toe. Het al per geleentheid langer ook gebly en die omliggende omgewing verken."
"Sou nie regtig daar kan swem nie, teveel rotse op die strand. Moet na ander strande ry."
"Die winkel in Haga-Haga kan beter ingerig word met meer en 'n groter verskeidenheid voorraad. Dit beskik net oor die basiese en sal onvoldoende wees vir toekomstige besoekers wat hier besoek as 'n selfsorggroep. Veral as 'n mens wil braai, want daar is geen ander winkels beskikbaar in die omgewing as jy iets nodig het nie. Die plek is meer vir rustige besoekers en vissermanne wat daar kom kuier. "
Gxarha (Morganbaai), Buffelstad
Ankervas"Morgan Bay is only 60 km from East London and the road is fully tarred. This spot on the Wild Coast offers everything a holiday maker could wish for. Long beautiful beach with a safe bathing lagoon for the children, amazing rock pools and dramatic cliffs. The Morgan Bay hotel has an amazing deck offering good catering at reasonable prices, and the Mitford Is right on the rocks. "
"Woonbuurt lyk baie goed en is redelik sentraal, en ook nie te vêr van die strand af nie."