Geverifieerde Resensie
Calitzdorp
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Calitzdorp bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 394 resensies.
"Rustig dorp met enkele leuke eetadresjes. Aanrader een maaltijd in het wijnhuis De Krans"
"Die dorp is 'n uitstekende toeristebestemming, net jammer die droogte is besig om sy tol te eis. "
"'n Dorpie waaroor tyd ongesiens verbygegaan het. Maak tyd om die besondere plekkie te ontdek en te geniet."
"Dit bly 'n oulike dorp op die R62-roete en ons sal sekerlik weer teruggaan indien moontlik."
"My 2de keer in die dorp, dit is altyd heerlik. Van die eetplekkies se diens was nie so op datum nie, maar verder was dit heerlik."
"Moenie net deur Calitzdorp ry nie, draai af op die Boplaas pad vir 'n paar great verassings. 'n Karoo lamspastei by Die Handelshuis sal jou na jou ouma laat verlang!"
"Nog lekker klein dorpie gevoel, sonder die pretensie van ander dorpe wat net vir die yuppies voorsiening maak. Baie mooi omgewing, mens kan sommer net in die dorp rondloop of in die omgewing gaan rondry. Die paar wyn, port, brandewyn en gin plase is net genoeg om lekker te gaan proe en koop. Ons gaan volgende keer beslis vir ten minste 'n week kom kuier!"
"Besoek aan Boplaas wynlandgoed is 'n moet. Vriendelike mense en goeie diens. Lekker geëet by Rose of the Karoo."
"Moenie net deurry nie. Hou stil en klim uit. Loer sommer by Lynette se Oudhedewinkel in die hoofstraat ook in!"
"Daar is uitstekende restaurante op die dorp en die Bistro’s by die 3 wynkelders op die dorp se kos is van uitstaande gehalte. Verskeie gastehuise ook om van te kies en keur. "
"Ons het Calitzdorp toe gegaan, vir die Vetplantfees. Goed georganiseerd: baie stalletjies met vetplante, 'n uitstappoie met 'n gids op 'n koppie naby die dorp, 'n praatjie deur Ernst van Jaarsveld. Ons het soeveel geleer an gesien. Almal het ons verwelkom en was baie vriendelik. As iemand Calitzdorp toe ry, moet jy alles saamvat. Geen winkels oop op laat Saterdag of Sondag."
"Nie vir almal nie, maar vir my wat hou van rustigheid was dit so lekker. Vriendelikste mense. Heerlike eetplekke met verskeidenheid, kelders met uitstekende port, 'n heerlike kombinasie."
"A quaint Karoo town which we always enjoy and this time we had the bonus of the annual Vetplant fees! So many interesting plants for sale, and amazing characters attending the festival. The town has examples of interesting rural and rustic architecture and it is delightful to wander through the little side streets. And of course visiting the wine farms in the town is the ideal way to conclude a visit!"
"Calitzdorp is redelik vervalle en glad nie die plek wat ons oor die jare leer ken het nie!"
"'n Teruggetrokke en eerlike bestemming vir die wat egte Klein Karoo atmosfeer wil beleef, en boonop van die wêreld se beste kelkie wyn wil geniet."