Geverifieerde Resensie
Cederberg
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Cederberg bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 974 resensies.
"Is verskriklike mooi plek. Die natuur is ongelooflik mooi tussen die berge."
"Ons was maar vinnig deur Citrusdal, maar ek sal baie graag weer soontoe wil gaan om dit meer te verken. Dit is 'n lieflike omgewing met baie berge en dinge om te doen!"
"Dit is al lank op ons bucket list en het beslis aan ons verwagtinge voldoen. Trek jou stapskoene aan, dis die moeite werd."
"Ons het die area rondom Citrusdal baie geniet. Die berge en boorde saam, gee 'n besonderse gevoel."
"Gaste wat bereid is om die teerpad te verruil vir grondpaaie in uitstekende toestand, word ryklik beloop met natuurtonele waarvan daar telkens foto's geneem moet word. Daar is ook kampterreine, werkende plase en wynkelders wat jou lok om af te draai. 'n Belewenis van 'n leeftyd!"
"The town has a new big strip mall with restaurants and the dam is a beautiful holiday venue."
"Mooi vallei met nodige winkels vir reisiger. Natuur is pragtig en wingerde en sitrusboorde lyk gesond."
"So much to see and do. The town itself is impeccably kept and a glimpse into the past. Everyone is relaxed and happy, so speaks for itself."
"For those who've not visited this region yet, do yourselves a favour; for those who have, you'll be asking "how soon can we visit again?""
"I have been coming to Clanwilliam for many years, as we spend a large part of the day boating on the dam."
"Baie nice. Net weereens bietjie duur vir wat jy kry. Voel vir my hulle is meer daar vir buitelanders."
"Clanwilliam and its surrounds are beautiful, but still struggling to revive itself from Covid. Hopefully more restaurants and local shops will begin to reopen and showcase produce from the area."
"Was verbaas dat die dorpie geen van die groot fast food franchises het nie. Kan 'n goudmyn wees!"
"Ek het 'n vinnige oorstop gehad in Clanwilliam. Ek sou graag langer wou bly, in die dorp ruik dit of 'n oumatjie êrens die heeltyd 'n teepot aan die kook hou en ek was gelukkig om deur die area te ry met die sitrusbome wat bot - so die lug is absoluut fantasties."
"Dit is definitief 'n plek om oor en oor te besoek. Jy sal alles daar geniet."
"Die ligging tussen die berge en die natuur rondom Clanwilliam is vir my die grootste aantrekking."
"Ideaal as 'n mens graag die prag van berge wil aanskou. Naby genoeg aan Lambertsbaai sodat ons ook 'n draai daar kon gaan maak. Die bergomgewing is pragtig."
"Citrusdal self is nie 'n opwindende bestemming nie, maar is ideaal geleë om in alle rigtings rondom die mooi omgewing te verken. Die dorpie het alles wat benodig sal word en vriendelike mense maak dit 'n aangename ervaring."