Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Rondegat Cottages

  • Kapasiteit: 41 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Ou Kaapse Weg, Clanwilliam, 8135, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 500 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Die Rondegat Cottages is op 'n sitrusplaas geleë, 14 km se grondpad vanaf die N7, langs die Clanwilliamdam, wat gewild is vir watersport en visvang.

Verblyf word gebied in goed toegeruste selfsorgkothuise, met asemrowende uitsigte oor die dam, en 'n 3-slaapkamer privaat Lake View House. Die kleinste kothuis het sy eie privaat plonspoel, en die ander kothuise het toegang tot 'n gedeelde swembad. Beddegoed word voorsien, maar nie handdoeke nie.

In die lente kan besoekers hulle verlustig in die aanskoue van duisende pragtige blomme wat in Clanwilliam, die Biedouwvallei en die omliggende gebiede lewe. Hierdie area is 'n paradys vir voëlkykers, en 'n mens kan dikwels die roep van die visarend oor die water hoor weergalm. 'n 15 km 4x4-roete kronkel deur die fynbos en bied pragtige uitsigte oor die berg en vallei.

Bote kan sonder ekstra koste by Rondegat te water gelaat word. Daar is ook 2 kano's beskikbaar vir gaste se gebruik gratis, so moenie vergeet om visstokke in te pak nie. (Let daarop dat ons lae watervlakke het gedurende die laat somer, doen asseblief navraag of bote te water gelaat kan word.) Gaste kan hul eie bergfiets of boot saambring, of bloot by die swembad ontspan en die stilte by hierdie gesinsoord geniet.

Rondegat is net 14 km vanaf die historiese dorpie Clanwilliam, en is die ideale basis vir daguitstappies na die noordelike en suidelike Cederberge, Lambertsbaai en Elandsbaai.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Baarshengel
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Kunsvlieghengel
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.3/ 5

Gebaseer op 115 resensies

Baie goed

Netheid
4.3
Ligging
4.4
Waarde vir geld
4.2
Diens
4.3
Veiligheid
4.6
Gaste se hoogtepunte
Alida V
Gesin met klein kinders
5.0
Baie ontspannend en rustig. Uitstekende uitsig, en baie netjiese eenheid. Ek is nie seker hoe die ander eenhede by Rondegat lyk nie, maar hierdie een ...
Sien meer
Sep 2024
Alta B
Saam met lewensmaat
5.0
Baie rustig en stil. Lieflike uitsig oor die dam. Ons het baie lekker gebly. Skoon en netjies. Sal enige tyd weer daarheen gaan.
Sep 2024
Esther S
Saam met vriende
5.0
Rustige natuur, skoon. Baie, baie lekker en rustig. Ons gaan beslis weer.
Sep 2024
Christo P
Saam met vriende
5.0
Mooi uitsig op die dam en berge. Rustige verblyf in stil omgewing in stil tyd van die jaar.
Sep 2024
Herman H
Gesin met tieners
5.0
Heerlik, netjies, goed toegerus, mooiste uitsigte. Beste wegbreek wat ons in 'n lang tyd gehad het. Die eienaars is baie vriendelik en die verblyf was...
Sien meer
Aug 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.3/5

Anne-Marie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 115

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • Ou Kaapse Weg, Clanwilliam, 8135, Wes-Kaap
  • Gaste dink Rondegat Cottages het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 500
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 1 500
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 41 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Ou Kaapse Weg, Clanwilliam, 8135, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDQ4YmNkMmRlLTRjMWMtNDJjNS1iMWIwLTI3NDY5MTNkZTFmNg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 500 per nag, vir 2 mense 115 5 1 5 Ou Kaapse Weg Clanwilliam 8135 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-20:00 09:00 -32.265452830534 18.937093019485

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang