Geverifieerde Resensie
Great Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Great Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 3446 resensies.
"Daardie gesegde "dinamiet kom in klein pakkies voor" is verseker op hierdie dorpie van toepassing! Van die hoofstraat tot anderkant die Swartbergpas kry mens 'n ervaring om elke hoek en draai! Hoogtepunte vir ons was definitief Simple Saffron en The Showroom - albei 'n moet! Dankie Prins Albert dat jy ons soos "royalty" hanteer het! "
"Pragtige dorpie! Vermy die Swartbergpas - dis 'n nou grondpadpaadjie oor die berg! Tensy jy senuwees van staal het! Baie mooi uitsig van daarbo af!"
"Ons het net oornag en het nie kans gehad om rond te loop nie. Die idee wat ons gekry het is dat dit 'n lekker kuierplek kan wees. Die Saterdag Mark was 'n wenner."
"Ons is motorfietsryers en Prince Albert is 'n ideale basis om die omgewing te verken."
"Ons het 'n draai deur die Karoo Nasionale Park gery. Dit het ons 3 ure 50 min altesaam geneem van in by die hek tot weer uit by die hek. Pragtige koedoes, elande, gemsbokke en rooihartebeeste gesien. Was die moeite werd."
"Lieflike dorp. Kosmopolitaanse gevoel gemeng met platteland. Die koffiewinkel langs Swartberg Hotel het fantastiese diens en kos. "
"Daar is beslis nie genoeg besienswaardighede om 'n tweede dag in die omgewing te regverdig nie."
"Beaufort West is an ideal stop over for travellers not wanting to drive more than 6 hours per day."
"Beautiful, peaceful place to stay, enjoying wine and olive estates, art galleries, restaurants."
"Gaan gerus op die donkiekar rit in Beaufort-Wes. Die gids was wonderlik en het so baie van die dorp en sy geskiedenis met ons gedeel. Die Village Museum was beslis die moeite werd om te besoek. Gaan besoek die pastorie en ou kerk waar Prof Chris Barnard grootgeword het en sy pa Adam Barnard die pastoor was."
"Pragtige dorpie met baie historiese en gerestoureerde geboutjies. Het as 'n klein seuntjie laas erwe so groot soos plotte gesien met 'n dam, leivore en 'n eie groente- en vrugtetuin."
"Nie baie rondbeweeg nie, maar personeel by die Caltex garage asook by Spur baie vriendelik en behulpsaam."