Geverifieerde Resensie
Great Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Great Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 3446 resensies.
"Dit was nie ons eerste besoek aan Prins Albert nie, maar ons bly verstom. Misdaad vier nie hoogty hier nie en die dorpie is prentjiemooi."
"Besoek gerus die Karoo Nasionale Park, dit was pragtig en ons het baie wild gesien."
"Daar is baie om te sien en dis gerieflik halfpad geleë tussen Bloemfontein en die Kaap om die rit te onderbreek."
"Pragtige dorp in die Karoo met genoeg lekker eetplekke en goeie kuns en snuffelwinkels en eindelose vistas. Die dorpsmense is vriendelik en gasvry en mens voel die pols van die Karoo hier."
"Wat 'n klein paradys. Geen straatligte, buiten 2 privaat huise se sekuriteitsligte. Dorpie netjies en skoon. Alle inwoners van Merweville so vriendelik. Kan my nogal daar sien aftree. Sal Merweville beslis weer besoek."
"Karoo game park worth a visit, too muck heavy traffic so noise in the centre of town a problem (at night especially) hence our choice of lodging which was fantastic!"
"Prins Albert is 'n rustige Karoo dorpie met net daardie iets anders. Rus vir die siel."
"Baie mooi plek. Hoogs aanbeveelbaar vir enige persoon. Beplan 'n volgende besoek, maar hierdie keer wil ek daar oorslaap. Sal graag met die trein soontoe wil gaan."
"A friendly, arty town, great for a short stay. Visit wine and olive farms nearby. A highlight was the awesome mountain scenery going there via Meirings Poort from Uniondale and leaving via the Swartberg Pass."
"Ek dink dis 'n baie mooi dorp met baie om te sien. Die ou geboue wat behoue gebly het. Dr Barnand se geskiedenis was van groot waarde. My tyd was net te min om regtig 'n toer deur te vat."
Prince Albert Road, Groot-Karoo
Wolvekraal Guest Farm"Dit is 'n netjiese stil pad, maar indien iemand op pad is Paarl toe, moet hulle bewus wees daarvan dat Prince Albert ongeveer 40 km van die hoofroete af is."