Verified Reviews
Great Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Great Karoo
Rated 4.3 out of 5 based on 2765 reviews.
"Verskriklike mooi klein dorpie, sal weer daar bly, maak 'n draai by die Deli in die dorp en koop hulle Droog Rib, beste in SA!"
"Leersaam oor vloed en inligtingsborde in dorp. Aandete en koffiewinkels na ure net beperkte opsies. "
"It was good. We enjoyed the beautiful scenery and visiting different places there."
"Nee, ons was daar tydens 'n uitsonderlike droogte, is steeds 'n baie mooi Karoo-dorp met vriendelike mense."
"Vir die grootte van Prins Albert is daar so baie om te sien en te doen, Van Gay se kaas tot die beste museum in Suid Afrika."
"Vir die natuurliefhebber sal hierdie 'n paradys wees. Vir ons was dit selfs nou in die droogte pragtig. Die stilte, sterre en naggeluide was net wat ons gesoek het."
"Kon ons verluister aan die mense se manier van praat terwyl ons kos gaan koop het. Het lekker gelag vir hulle sêgoed."
"Beaufort-Wes is een van die dorpe wat jy net deur ry. Jy kan nie oor die straat stap sonder dat 3 mense jou kom vra vir geld of kos nie. "
" Beaufort West must be made into pit stop destination for South Africans and tourists travelling North to South, South to North. Beaufort West and Kimberley are great pit stops! Unfortunately all dirty, broken down towns, and there is many more. Please clean up Beaufort West General appearance. "
"Baie netjiese stil dorp. Het baie veilig gevoel. Selfs die polisiestasie se tuine word netjies gehou. Ek sal elke keer as ek na die Oos Kaap reis daar oorslaap. Indien jy buite seisoen na 19:00 eetplek soek vir uiteet is dit 'n probleem maar dit is verstaanbaar kan nie 'n restaurant oophou om slegs 'n paar etes te bedien nie."