Verified Reviews
Great Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Great Karoo
Rated 4.3 out of 5 based on 2765 reviews.
"It looked quite pretty, but we didn't spend much time there as we were travelling to Cape Town. I'm sure it deserves a better look!"
"As recommended by Brian, we took the Swartberg Pass home. A route not to be missed. "
"Mooi plek, maar nie baie beïndruk nie. Het seker maar te vinnig daar deur gereis. "
"Die mense was almal so vriendelik, die restaurante lewer goeie diens, en Saterdagoggend se plaasmark was heerlik! Sal graag weer kom kuier en vriende saambring! Wens ek kon 'n eiendom daar hê."
"Baie om te geniet en te besigtig in en om Prins Albert. Bly ten minste 3 dae om so veel moontlik te benut."
"Die dorp is skoon en mense is vriendelik. Nie veel om te doen in die dorp."
"Dis die skoonste en mooiste dorpie wat ek in n baie lang tyd gesien het. Die mense is vriendelik en die omgewing baie ryk aan geskiedenis. Enige fotograaf se droom! "
"Wat 'n lekker dorp. In die toekoms sal ons beslis langer bly in Prins Albert."
"It is worthwhile to stop over and just catch your breath here. A busy little town but not too busy to relax."
"Die paar ure wat ons gehad het om Beaufort-Wes te verken was duidelik te min. Daar is nog heelwat om te sien en doen. Pragtige ou kerke en heelwat interessante winkeltjies. "
"Ideale plek vir fotografie-slypskool. Veilig gevoel om alleen in die dorp rond te stap."
"Baie mooi en goed versorgde dorp met 'n interessante geskiedenis en mooi argitektuur. Die afwesigheid van goeie supermarkte (hoef nie groot te wees nie, net skoon en netjies en goed van voorrade voorsien) of selfs net kafees wat nie almal vyfuur toemaak nie, sal die dorp baie baat."
"Beaufort Wes is en was nog altyd my oorbly-dorpie. Ek is baie lief vir die dorpie, maar sal soos in die verlede, oornag by Wagon Wheels."
"As jy die lekkerste pizza wil koop - gaan beslis na Karushi - waar Karoo en sushi ontmoet. Watter vriendelike mense en regtig wonderlike pizzas."
"Prins Albert het soveel om te bied, uitstekende restaurante, pragtige kunsgalerye, 'n paar wyn- en olyfplase in die omgewing. 'n Besoek aan Fernkloof wynplaas (wynproe), Gay Guernsy se melkery (kaasproe) en Karoo Kombuis restaurant (Karoo-lamsboud), het ons besoek aan Prins Albert bekroon."
"Prins Albert het baie om te doen en te sien en volgende keer gaan ons beslis langer bly."
"Die algemene voorkoms van die dorp is baie netjies en skoon. Mense kom ook baie vriendelik voor. "